EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Business & Finance
Finweek - AfrikaansFinweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 10 October 2019

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
₹ 118.20
SUBSCRIBE
₹ 2,504.45
25 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
die redakteur sê

in die tweede kwartaal van vanjaar het al sewe die wêreld se grootste ekonomieë stadiger gegroei as in die ooreenstemmende kwartaal van verlede jaar. Dit is volgens ’n verslag van dieWêreld- Ekonomiese Forum (WEF) oor streeksrisiko om sake te doen vir vanjaar, wat aan die begin van Oktober uitgereik is. Die BBP-groei vir die tweede kwartaal in die grootste ekonomie, Amerika, het van 3,2% verlede jaar afgeneem tot 2,3%. China, in die tweede plek, is af van 6,7% tot 6,2%. Duitsland, in die vierde plek wêreldwyd, het skerp gedaal van 2,1% tot 0,4%. DieWEF het gesê dat tekens van ’n wêreldwye ekonomiese resessie op kort termyn nou “sterk” is. “Die wêreldekonomie is sedert 2008-’09 se strukturele skok op ’n vlakker groeipad. Die simptome van ’n brose ekonomie het egter vanjaar duideliker geword,”…

4 min.
hoe om hoërskoolleerlinge te straf – en die waarskynlike gevolge

hoërskoolonderwysers het ’n moeilike taak. Hulle moet ’n klaskamer met ’n paar dosyn emosionele, aandagafleibare tieners in toom hou, terwyl hulle ook calculusrekening, eukariotiese-selstrukture of die redes vir dieTweedeWêreldoorlog probeer verduidelik. G’n wonder dinge ruk soms handuit nie. En dan is daar moeilikheidmakers. In elke klaskamer is daar iemand wat die grense van dissipline uitdaag. Vir hul klasmaats is dit dikwels vermaaklik. Maar vir onderwysers veroorsaak hulle frustrasie en, dikwels, woede. Ek onthou ’n geval op hoërskool toe ’n paar van ons die onderwyser tot die uiterste gedryf het. Hy het sy kryt neergesit, stadig omgedraai en kil gesê: “Ek het net twee woorde vir julle. Bly stil. Nou!” Van agter in die klaskamer kom die stem van die voorbok onder die probleemmakers stilletjies: “Dit is drie woorde, meneer.” Ons is…

5 min.
laaste kans om ‘verlore dekade’ reg te stel

die onverskrokkenheid waarmee die minister van finansies, Tito Mboweni, sy kamerade in die drieparty-alliansie uitdaag om hul man te staan om Suid-Afrika se verslegtende ekonomiese tekortkominge aan te pak, is voorwaar iets om te aanskou. Mboweni is nou ’n jaar in sy pos. Hy het weggedoen met die houding van sy voorgangers waarmee ons al vertroud geraak het, naamlik om almal gelukkig te probeer hou. Dit is diegene wat probeer witvoetjie soek het met die besigheidsgeöriënteerde faksies in die regerende ANC én met alliansievennote, die vakbond Cosatu en die kommunistiese party, die SAKP. Sedert Mboweni die leisels in Oktober 2018 oorgeneem het, het hy getoon dat hy nie bang is om sy kamerade aan te vat wanneerdit kom by die debattering van die bestuur van ons ekonomie nie. Hy het dikwels sy…

1 min.
finweek - afrikaans

REDAKSIONEEL & VERKOPE Redakteur Anneli Groenewald Besturende redakteur Jana Jacobs Medewerkers Simon Brown, Lucas de Lange, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Andile Ntingi, Timothy Rangongo, Petri Redelinghuys, Peet Serfontein, Melusi Tshabalala, Amanda Visser, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 082 335 4957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za Besoek ons by: @finweek finweek finweekmagazine…

3 min.
kortliks

“DIE RISIKO BESTAAN DAT ’N OMGE-WINGSVERANDERING ’N OPENLIK STRENG BELEIDSTANDPUNTSAL NOODSAAK.” – Die Suid-Afrikaanse Reserwebank in sy jongste monetêrebeleidsoorsig, wat op 1 Oktober uitgereik is. Die bank verwys na die omvang van Suid-Afrika se ekonomiese probleme, asook internasionale risiko’s, en beklemtoon dat “Suid-Afrika moet hervorm om dié risiko’s te beheer. Die koste van die verdere uitstel van hervorming neem egter teen ’n stygende koers toe.” Die bank se oorsig kom kort voordatTito Mboweni, minister van finansies, einde Oktober sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk moet uitreik. “PRESIDENTE VRA ALTYD DINGE, MAAR WAT HIER VERSKIL, IS DIE AARD VAN WAT GEVRA WORD.” – Simon Jackman, hoof van die VSA-studiesentrum aan die Universiteit van Sydney, Australië, volgens The New York Times. Australië is die jongste land waarop president DonaldTrump van Amerika blykbaardruk plaas vir hernude ondersoeke na sy politieke…

3 min.
koper maak opgang in groenekonomie

koperword soms ‘dokter Koper’ genoem weens die belangrike rol wat die metaal in ekonomiese ontwikkeling speel. Wanneer die vraag na koper sterk is, beteken dit gewoonlik wêreldwye BBP is op ’n goeie plek. Nou is daar egter vir die metaal ’n nuwe en ewe belangrike rol. Luidens ’n verslag deur Bernstein, ’n bank in NewYork, sal die vraag na koper in die toekoms op beduidende wyse beïnvloed word deur hoe suksesvol wêreldekonomieë daarin slaag om koolstofvrystellings te beperk. Dit is danksy dokter Koper se ‘klimaathelende’ nywerheidstoepassings. Volgens Paul Gait, ’n ontleder by Bernstein wat gehelp het om ’n verslag saam te stel oor hoe koper se rol in die groenekonomie ontvou, kom die verdriedubbeling van die huidige uitset van 600GW in windplaasvermoë in die volgende dekade neer op ’n vraag na 330…