EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Business & Finance
Finweek - AfrikaansFinweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 24 October 2019

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
₹ 118.20
SUBSCRIBE
₹ 2,504.45
25 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
die redakteur sê

ja, nè Ons vergeet so gou. En so maklik. Ons vergeet om pakke kerse te koop. Ons vergeet ons moet ons fone te alle tye gelaai hou, want, jy weet. . . Ons vergeet die verkeer kan geraak word. Ons vergeet om gereeld die bêre-knoppie op die rekenaarskerm te druk sodat ons nie werkverlooras die krag afgaan en die maatskappy se kragopwekker net effens te lank vat om in te skop nie. (Party ondernemings vergeet om hul kragopwekkers met diesel op te vul.) Wanneer als goed gaan, vergeet ons hoe broos Suid-Afrika se kragvoorsiening is. Dan, skielik, sowat twee weke voor Moody’s InvestorServices sy volgende oorsig oor Suid-Afrika se soewereine skuld moet gee, is die krag weer af. (Moody’s is die enigste graderingsagentskap wat Suid-Afrika se skuld nog op beleggingsgraad aanslaan.) Van die redes…

4 min.
bankwese en geld se tweede renaissance

banke se kernfunksies het die afgelope amper vyf eeue min verander. Hul primêre rol as finansiële tussengangers tussen ’n spaarder wat geld deponeer en ’n lener wat ’n lening ontvang, is nog dieselfde. Dié ruilgerief verlaag transaksiekoste en maak dit vir banke moontlik om “geld te skep” deur meer uit te leen as wat hulle as deposito’s het. Dit gee banke ’n sleutelrol in kapitaalvorming, wat noodsaaklik is vir ekonomiese ontwikkeling. Tegnologie verander egter banke se rol en die geld wat hulle kan bestuur. Al wat byvoorbeeld nodig is om ’n bankrekening byTymebank oop te maak, is ’n identiteitsdokument en ’n selfoonnommer. Tymebank se kitsbanke is in Pick n Pay-winkels en bied al die nodige dienste. Duur banktakke en -werknemers is nie nodig nie, wat die maandelikse koste op nul en transaksiekoste…

1 min.
finweek - afrikaans

REDAKSIONEEL & VERKOPE Redakteur Anneli Groenewald Besturende redakteur Jana Jacobs Medewerkers Simon Brown, Johan Fourie, Moxima Gama, Schalk Louw, David McKay, Timothy Rangongo, Melusi Tshabalala, Amanda Visser, Jaco Visser, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 082 335 4957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za Besoek ons by: @finweek finweek finweekmagazine…

5 min.
kortliks

“OF HULLE NOU BINNE OF BUITE DIE LAND IS – ONS SAL HULLE OPVOLG.” – President Cyril Ramaphosa het in syopeningstoespraak by The Financial Times se Afrika-konferensie in Londen gesê hy is vol vertroue dat die nasionale vervolgingsgesag die mense sal aankeerwat aan staatskaping aandadig is, berig fin24. Die koste daarvan word op R500 miljard geraam (een van verskeie ramings). Hy het gesê die regering werk deur sy agentskappe, soos die vervolging-en misdaadintelligensieagentskap, daaraan om diegene aan te keer wat aan korrupsie aandadig is. Intussen het die Amerikaanse tesourie sanksies teen dieGupta-familieen hul medewerkerSalim Essa aangekondig weens hul beweerde rol in staatskaping, en hulle bestempel as “lede van ’n beduidende korrupsienetwerk in Suid-Afrika wat oorbetalings vir regeringskontrakte, omkopery en ander korrupte dade gebruik het om politieke bydraes te finansieren regeringsoptrede te…

3 min.
steenkooltrein op pad na ’n ramp

veiligheidskwessies in ’n deel van die Transnet-vragspoor naby Ermelo in Mpumalanga lyk of dit belangriker as die morele aspekte van die produsering van meer steenkool in die land kan wees. Nombasa Tengwa, hoofbestuurder vir steenkool van Exxaro Resources, het onlangs op ’n konferensie in Johannesburg gesê die Overvaal-tonnel moet dringend uitgebrei word – al is dit net omdat die projek die moontlike ineenstorting van die infrastruktuur sal verhoed. Die hoofrede vir die uitbreiding van die Overvaal-tonnel van een na twee spore was tot onlangs toe om die steenkoolspoorvervoer na Richardsbaai, sowat 850 kilometer verder in KwaZulu-Natal, te vergroot. Sodoende sal meer steenkoolmynmaatskappye in swart besit toegang tot die steenkooluitvoermark hê deur die Fase Vyf-uitbreiding van die Richardsbaaise steenkoolterminaal, die uitvoergerief waarvan die eienaarskap grootliks tussen groot maatskappye soos Glencore, South32 en Exxaro self…

1 min.
hoekom dit nie duidelik is dat steenkool laat vaar moet word

Anglo American sê hy beplan nie om hom van die Wêreldsteenkoolvereniging (WCA0), waarvan hy ’n lid is, te distansieer nie. “As Anglo het ons ’n bewustelike besluit geneem dat dit waarskynlik in ons belang is om in die WCA te bly sodat ons sowel beleid as debat kan vorm oor wat die regte oorgang na die toekoms is,” sê July Ndlovu, uitvoerende hoof van Anglo Coal. Die Church of England Pensions Board, wat aktief druk uitoefen vir veiliger mynboupraktyke en aggressiewer aanvaarding van klimaatsbeheermaatstawwe deur die sektor, het BHP vroeër vandeesmaand versoek om hom te distansieer van drukgroepe wat nie beperkings weens internasionale klimaatsverandering voorstaan nie. Die saak sal op sy algemene jaarvergadering bespreek word. Ndlovu se opmerkings sluit aan by Anglo American se beleid van April af in reaksie op die drukgroep…