EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Business & Finance
Finweek - AfrikaansFinweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 07 November 2019

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
₹ 118.20
SUBSCRIBE
₹ 2,504.45
25 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
die redakteur sê

Werkloosheid, nou op die hoogste vlak in 11 jaar, is een van die enkele grootste uitdagings – indien nie risiko’s nie – virdie sosio-ekonomiese bestendigheid van ons land. Die amptelike werkloosheidskoers vir die derde kwartaal van vanjaar staan op 29,1%, maar vir mense tussen 15 en 24 is die probleem kritiek. Vir dié groep staan die werkloosheidsvlak nou op 58,2%. Ons het letterlik miljoene mense wat nie kan werk kry nie, nog erger vir jongmense sonder werkservaring. Die regering, spesifiek president Cyril Ramaphosa, is pynlik bewus van die behoefte aan meer werksgeleenthede – veral vir die jeug. ’n Formele proses waarmee die regering hoop om maatskappye te help om aan jongmense werksblootstelling te gee, is deur Setas, of sektorale onderwys-en opleidingsowerhede, wat leerderskappe met toelae steun. Dan is daarookdieYES-projek (Youth Employment Service),…

4 min.
beleid wat ekonomiese groei kan bring

bill Easterly, professor in ekonomie aan die Universiteit van NewYork en mede-direkteur van die Instituut vir Ontwikkelingsnavorsing, het baie oor die slaggate rakende ontwikkelingshulp geskryf. Hy is ook mede-redakteur van Journal of Economic Growth, skrywer van The Elusive Quest for Growth en een van die wêreld se vooraanstaande kundiges oor ekonomiese groei en die faktore wat dit beïnvloed. Easterly het al baie kritiek gelewer teenoor dieWashingtonkonsensus, wat ’n pakket van markgerigte hervormings is wat in die 1980’s en 1990’s deur instellings soos die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en dieWêreldbank voorgestel is. Die beleid word breedweg as “neoliberalisties” beskryf. Dié beleid is veral streng toegepas op baie lande in Afrika wat in die 1980’s deur ’n krisis getref is, toe die IMF tussenbeide moes tree en “strukturele aanpassingsprogramme” moes voorskryf om te help…

1 min.
finweek - afrikaans

REDAKSIONEEL & VERKOPE Redakteur Anneli Groenewald Besturende redakteur Jana Jacobs Medewerkers Simon Brown, Lucas de Lange, Johan Fourie, Moxima Gama, Jessica Hubbard, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Timothy Rangongo, Melusi Tshabalala, Jaco Visser, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 082 335 4957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za Besoek ons by: @finweek finweek finweekmagazine…

3 min.
kortliks

“DIE PUNT IS BASIES DAT MONOPOLIEË INWESE VERKWISTEND IS.”– Pravin Gordhan minister van openbare ondernemings, het ’n spesiale dokument bekendgestel oordie regering se planne om die sukkelende Eskom te hervorm. Dié planne is gretig afgewag deur beleggers en graderingsagentskappe, wat die finansiële en bedryfsrisiko’s by Eskom beskryf as een van die grootste risiko’s wat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die gesig staar. Volgens Fin24 hoop die regering om wetgewing rakende die verdeling van die kragmaatskappy in drie eenhede (opwekking, transmissie en verspreiding) teen 31 Maart 2022 te finaliseer.“MONETÊRE BELEID SE SKIET-GOED IS BYNA OP.”– Olivier Blanchard, wat hoofekonoom by die IMF was tydens Christine Lagarde se dienstermyn as besturende direkteur, het aan The Financial Times gesê “monetêre beleid se skietgoed is byna op, maar as die sentrale banke dit te hard…

2 min.
skewe kyk

DIE GOEIE Die JSE-genoteerde Blue Label Telecoms en Sasol het streng opgetree om bestuurshoofde vir nie-prestasie tot verantwoording te roep. Blue Label het bestuurshoofde se salarisse verminder omdat verskeie mikpunte nie in die afgelope boekjaar behaal is nie, berig Business Day. Die direksie van Blue Label (wat ’n 45%-aandeel in Cell C besit) was “uiters teleurgesteld” oor Cell C se prestasie, wat grootliks vir Blue Label se verlies van R6,6 miljard verantwoordelik was. BrettandMarkLevy, gesamentlike uitvoerende hoofde, wat in 2018 elk R23,9 miljoen huis toe geneem het, het vanjaar 40% minder gekry op R14,3 miljoen elk. Intussen het Sasol sy gesamentlike uitvoerende hoofde, Stephen Cornell en Bongani Nqwababa, afgedank en is hulle “wedersyds minsaam” uiteen weens gebreke in die uitvoering van die Lake Charles Chemical Project, sê Sasol in ’n verklaring. DIE…

3 min.
’n duur les in bestuur

hoe lyk die skeidingsooreenkomste tussen Sasol en die span wat die Lake Charles Chemicals Project (LCCP) nalatig bestuur het? Geen lid van die projekspan is van kriminele aktiwiteit beskuldig nie, en hulle sal vermoedelik na ander poste gaan, terwyl die gesamentlike uitvoerende hoofde wat toesig gehou het oor die korporatiewe ramp – Bongani Nqwababa en Stephen Cornell – albei die groep verlaat het. Dit is ’n stap wat die voorsitter van Sasol, Mandla Gantsho, as ’n dappere daad beskryf. Lig in tonnel wás trein Volgens Sasol se finansiële hoof, Paul Victor, is hulle aangestel om die soort ramp wat uiteindelik gebeur het, te voorkom. Sasol het ’n “ … groot kapitaalprojek ver van die huis af gehad”, het hy, tesame met Sasol se nuwe uitvoerende hoof, Fleetwood Grobler, gesê. “Ons moes sorg dat die…