VAN DIE REDAKTEUR
Dit was drieuur die middag toe ek met ’n onlangse besoek aan Italië ’n cappuccino bestel. Kliphard nogal. Skandaal! Die mense se nekke ruk omtrent af soos hulle wil sien hoe lyk so ’n oningeligte, kultuurlose straniera (uitlander). Koffie met melk is vir ontbyt, verkieslik saam met iets soets of ’n cornetto, hulle weergawe van ’n croissant, net met minder botter. Want hulle glo ook nie botter maak alles beter nie. Inteendeel, jy sal dit nie sommer daar op ’n tafel aantref nie. Die dorpie is klein, maar daar is drie winkels met heerlike, meestal plaaslike produkte en ’n stoep vol vrugte en groente. Vars koop en self kook is net ’n leefstyl daar. En die kwessie rondom geskikte tye vir melk laat my dalk lag, maar daar word jy grootgemaak…