ZINIO logo
ESPLORALA MIA LIBRERIA
Idees

Idees January/February 2020

Aggiungi ai preferiti

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

Leggi di più
Paese:
South Africa
Lingua:
Afrikaans
Editore:
IdeesFabriek
Frequenza:
Bimonthly
COMPRA NUMERO
3,58 €(VAT inclusa)
ABBONATI
19,66 €(VAT inclusa)
6 Numeri

in questo numero

2 minuti
van die redakteur

Kontak my by • terena@ideasfactory.co.za • instagram.com/terenaleroux 2020. As ’n visuele persoon verkyk ek my aan die mooi balans van hierdie jaartal-dit lyk net reg. En as dit reg lyk, voel dit vir my ook reg. Dalk is dit nog die nadraai van die Rugbywêreldbeker-euforie, maar ek voel gerééd vir 2020. ’n Gebalanseerde syfer vir ’n jaar van balans. So waar begin ’n mens? Met lysies natuurlik. Kyk, ek was nog altyd lief vir ’n lysie. Of dalk meer vir die aftik van die items op die lysie. Dié dat ek ná ons artikel oor koljoernale amper drie jaar gelede nog nooit weer sonder een was nie. My lewe was nog nooit so mooi agtermekaar nie en vandaar my geloof in lysies om dinge volgens plan te hou. Soos dié op bladsy 34: ’n Lysie…

4 minuti
teken dit aan

creativecalendarideas@gmail.com WES-KAAP Tot 19 Januarie Die Festival of Light Art-’n tentoonstelling van multisensoriese lig-en klankkunswerke reg oor die wynplaas Spier-kan gratis te voet besoek word. Meer inligting: spier.co.za. 2 Januarie By die Kaapse Klopse-karnaval kan jy die koms van die nuwe dekade saam met derduisende musikante, sangers en dansers in kleurryke kostuums vier. Die optog begin om 12 nm. in Distrik Ses. 4, 11, 18 & 25 Januarie Die Porterville-boeremark word elke Saterdag gehou. Maak ’n draai vir lekker tuisgebak, ingemaakte produkte, proteas, vars groente en vrugte, kuns en handwerk: portervillemarket.co.za. 6-25 Januarie Doen een van die magdom kursusse-van tale en filosofie tot praktiese kuns en skryf-werk-by die UCT Summer School: summerschool.uct.ac.za. 16 Januarie-8 Maart Die Maynardville-buitelugteaterfees is weer aan die gang in dié geliefde openbare park in Wynberg: maynardville.co.za. 16-20 Januarie Die Wolfkop Weekender in die Citrusdalvallei is ’n jolige kruising tussen…

5 minuti
op jou leeslys vir januarie/februarie

Fiksie Sewe-en-veertig-Irma Venter (H&R, R285) Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam-sy jare as polisieman is al raad wat sy het as ’n moordenaar in die Moederstad skuil. ’n Donker Kaapstad wag op hulle. Een waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie stilweg tred hou van jou dade, en toeriste salig onbewus is van wat broei. Nog ’n verbluffende roman deur ’n meesterkrimiskrywer. Grensgeval-Marita van der Vyver (Penguin, R280) Die brief wat…

1 minuti
redakteur se keuse

The doll factory-Elizabeth Macneal (Picador, R306) Dit is die jaar 1850. Terwyl Iris, ’n jong vrou met drome om ’n kunstenaar te word, kyk hoe die perseel van The Great Exhibition in Hyde Park, Londen, opgerig word, ontmoet sy vir Silas, ’n taksidermis. Sy vergeet dié blitsontmoeting byna dadelik, maar vir hom wat eiesoortige mooi goed versamel, is dit ’n lewensveranderende oomblik. Wanneer Iris gevra word om model te speel vir die pre-Rafaelitiese kunstenaar Louis Frost, stem sy in op voorwaarde dat hy haar leer skilder. Só word haar wêreld ’n ál groter plek waar vryheid en kuns koning kraai. Maar vir Silas word sy ’n obsessie wat selfs groter is as sy droom om aan die tentoonstelling deel te neem. ’n Boeiende storie oor drome, passie en deursettingsvermoë wat in…

1 minuti
mooi op instagram

@MISSMILLYSA Skukuza, Krugerwildtuin, Mpumalanga Theresa McGill van Miss Milly se liefde vir vintage-blomontwerpe vind uiting in haar pragtige skryfbehoeftereeks, alles in sagte pastelkleure. Volg haar op Instagram, waar sy haar nuutste ontwerpe en inspirasie deel. @FEBE_AND_MISHKA_IN_WONDERLAND Hermanus, Wes-Kaap Die ma-en-dogter-duo Fébé Harris Marais en Mishka pak saam kreatiewe projekte aan-van handwerk tot naaldwerk-en trek graag vintage-klere aan om op Instagram mee te paradeer. @TMUIS Kaapstad Jy sal nie genoeg kan kry van die begaafde plaaslike illustreerder Tyla Mason se kleurryke tong-in-die-kies illustrasies nie. Gaan besoek haar webwerf, tylamason.com, om van haar produkte aan te skaf.…

8 minuti
nuwe dinge

Groot kapsules, groot gif! ’n Moderne kleinsus vir die ikoniese Elizabeth Arden Ceramide Capsules het onlangs haar verskyning op die skoonheidsrakke gemaak. Die Elizabeth Arden Vitamin C Ceramide Capsules Radiance Renewal Serum (R599 vir 30 kapsules) is die derde in hierdie familie van gerieflike, kragtige enkeldosis-serumkapsules. Die droë olieserum bevat vitamien C, wat die vel verhelder, asook seramied, wat die vel se jeugdige gloed in stand hou. Die vitamien C-konsentrasie, 178 keer kragtiger as dié van ’n gewone serum met hierdie bestanddeel, help ook om die velkleur egalig te maak. Dit bly langer stabiel omdat dit in olie vervat is en as antioksidant is dit tops om die vel teen skadelike vrye radikale te beskerm. Die lekkerste is dat die kapsules omtrent geen ruimte opeis in jou kosmetieksakkie wanneer jy reis…