ZINIO logo
ESPLORALA MIA LIBRERIA
Idees

Idees January/February 2021

Aggiungi ai preferiti

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

Leggi di più
Paese:
South Africa
Lingua:
Afrikaans
Editore:
IdeesFabriek
Frequenza:
Bimonthly
COMPRA NUMERO
3,58 €(VAT inclusa)
ABBONATI
19,66 €(VAT inclusa)
6 Numeri

in questo numero

2 minuti
van die redakteur

‘Ek was op die regte tyd op die regte plek,’ is wat ek dit gewoonlik noem. So het ek 22 jaar gelede in Kaapstad aangekom ná ’n ingewing-van-die-oomblik-besluit om my middae met my kind by die Dieretuinmeer in Johannesburg te verruil vir middae op die strand. Ek het vryskut-stileerwerk gedoen en maar min mense in my nuwe stad geken. Dit was net mooi tóé dat Woman’s Value ’n moderedakteur op vryskutbasis nodig gehad het. Wat my geplaas het waar ek moes wees toe die tydskrif ’n jaar later ’n assistentredakteur wou aanstel, wat my weer die kans gegee het om my voete te vind voordat dit ’n jaar later begin is en ’n tweetalige redakteur gevind moes word. Ses jaar later was ek terug in Johannesburg, nou as uitgewer, en gereed…

9 minuti
nuwe dinge

GESOG VAN DOER ONDER Die gesogte Australiese teenverouderingsreeks Claire Hill is nou beskikbaar in Suid-Afrika. Die skepper, Loretta Hill, is gesteld op velsorg met ’n wetenskaplike basis, met bestanddele wat resultate lewer in die korrekte konsentrasies. Die fieterjasie-vrye reeks van slegs vier produkte put uit die botaniese rykdom van Doer Onder: woestynlemmetjie, ’n supervrug met fitonutriënte wat kollageenproduksie stimuleer, hidrasie bevorder en rooiheid demp; die kakadu-pruim ryk aan antioksidante soos vitamiene C en E; hialuronsuur, wat vog soos ’n magneet aantrek; en hondsroosolie met vetsure wat veral heilsaam is vir ’n ouer vel. Die produkte, almal ongeparfumeer en diervriendelik, is: Micellar Water with Desert Lime (200 ml, R600), S8-28 Assist Anti-Ageing Serum (50 ml, R1 100), S8-28 Anti-Ageing Moisturiser (50 ml, R1 475), en Eye WPC Complex (30 ml, R1 865).…

7 minuti
beeldskone bakkery

cocofeatures.com Die Nederlandse kunstenaar Pauline Kick soek nie ‘klotter’ (die Engelse noem dit clutter) in haar huis nie. Om die waarheid te sê sal ’n mens haar seker ’n minimalis kan noem. Tog straal Pauline se huis ’n sjarmante warmte uit danksy haar en haar man, Hans, se voorliefde vir natuurlike kleure en materiale asook ’n versameling stewige antieke meubelstukke wat hulle jare besonder goed dra. En laat ons ook nie vergeet van die huis se outentieke wortels nie: Dié is byna vier eeue gelede as ’n bakkery gebou. Die Kicks se tuiste voel heeljaar soos ’n paradys in die kleine, maar veral in die somer wanneer die tuin welig en vol blomme is. Hierdie lieflike ou gebou wat hulle met hul hond, Storm, en kat, Tilanus, deel, staan in IJlst, ’n…

3 minuti
lekker werk!

OOPPLANKANTOOR As jy nie ’n private ruimte het waar jy ’n kantoor kan inrig nie, kan jy ’n area in jou huis kies wat nie te besig is nie. Aangesien jou kantoor dalk deel van jou eetkamer gaan vorm, moet jy sorg dat dit steeds mooi en professioneel lyk. Gebruik een lang muur as jou kantoor, verf dit in ’n donker steenkoolskakering en versag dit dan met elemente van hout. ’n Swart staalrak is perfek vir jou liasseer- en ander papierwerk met bokse van rou hout wat as bêreplek dien. Inkorporeer ‘kantoor-elemente’ soos die liasseerrak op die tafel om jou lewe gemakliker te maak én dit professioneel te laat lyk. Plante sal help om lewe te blaas in jou werkhoek. Versag die voorkoms verder met ’n mooi mat wat inskakel by…

2 minuti
vries ’n vrug!

AARBEI-EN-LEMMETJIE-LOLLIES MAAK: 4-6 JY BENODIG ♥ 1 lemmetjie ♥ 500 g aarbeie, gewas en stingels verwyder ♥ 15-30 ml strooisuiker, na smaak ♥ 50 ml water (of vodka as jy dit vir volwassenes maak) ♥ lollievorms ♥ roomysstokkies Kry die vrugte gereed deur die lemmetjieskil fyn te rasper en die sap uit te druk. Hou 2-3 aarbeie eenkant vir versiering en verpulp die res saam met die suiker. Voeg die lemmetjieskil en -sap en die water of vodka by. Spoel die lollievorms met water uit. Sny die aarbeie wat jy uitgehou het, in papierdun skyfies. Druk die vrugteskyfies teen die kant van die vorms in en gebruik ’n sosatiestokkie om dit rond te skuif. Giet die aarbeimengsel baie stadig in die vorms. Druk ’n roomysstokkie in elkeen en sit dit vir minstens 6 uur of oornag…

12 minuti
somerfees uit die see

GARNALE MET BRANDRISSIE-EN-BASILIEBOTTER Dit is regtig maklik om ’n indrukwekkende en liplekker maaltyd met garnale te maak. Hou dinge eenvoudig deur die garnale in die dop gaar te maak en dit dan warm met gegeurde botter en vars suurlemoen voor te sit. Genoeg vir: 4 Bereidingstyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 6-10 minute ♥ 1 kg heel garnale, dermpies verwyder♥ 125 ml sagte botter♥ 2 knoffelhuisies, fyngedruk♥ 1-3 brandrissies, pitte verwyder en fyngesny♥ ’n hand vol vars basilieblare, in dun repies gesny♥ 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil♥ 40 ml kanola-olie♥ suurlemoenwiggies en aartappelskyfies, om voor te sit 1 Verwyder die garnale se koppe, maar behou die res van die dop en die sterte. 2 Meng die botter, knoffel, brandrissie, basilie en suurlemoenskil en hou dit eenkant (bêre dit in die yskas as jy dit vooraf wil maak). 3 Verhit ’n swaarboompan…