SCOPRILIBRERIA
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Viaggi ed Attivitá all'aperto
Landbou Vee Landbou Vee

Landbou Vee Issue 2

Veeboere is vol hoop vir ’n beter somer ná die erge droogte van 2015-’16. In Landbou Vee 2016 gee kenners raad oor hoe boere hul kuddes weer kan opbou en hoe om weiveld te laat herstel. Kyk uit vir artikels oor boere wat uitgeblink het, die jongste tegnologie vir die veebedryf, ’n hele paar handige boereplanne en watter neigings die toekoms van die rooivleisbedrywe kan bepaal.

Paese:
South Africa
Lingua:
Afrikaans
Editore:
Media 24 Ltd
Leggi di piùkeyboard_arrow_down
COMPRA NUMERO
2,57 €

IN QUESTO NUMERO

access_time1 minuti
veegroete

WILD SE HUPSTOOT Die wildbedryf is seker die grootste omwenteling wat die landbou getref het sedert GM mielies byna 20 jaar gelede die eerste keer in Suid-Afrika geplant is – tegnologie wat boere skielik toegelaat het om meer mielies te oes op minder grond en met minder gifstowwe. Dit het gewasboerdery op ’n heel nuwe trajek geplaas. Wild het dieselfde impak. Skaars wild was die eerste segment wat regtig hoë pryse behaal het, lank voor kleurvariante na vore gebars het. Vandag is dit gewone vlaktewild se beurt, met R9,4 miljoen wat onlangs vir die koedoebul Hercules betaal is. Groot geld wat kopers vas glo onderskraag word deur ’n groeiende vraag na uitsonderlike jagdiere. Dis ’n bedryf wat gewoond geraak het aan ’n gemiddelde groei van 20% in waarde, sê Absa se Ernst Janovsky…

access_time2 minuti
medewerkers

DR. VLOK FERREIRA (bl. 24) is die nasionale tegniese bestuurder vir herkouers by die veevoermaatskappy RCL Foods se dierevoer-afdeling, wat Molatek-produkte verkoop. PROF. HENNIE SNYMAN (bl. 26) is ’n weidingskundige verbonde aan die departement vee-, wild- en weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat. Hy is onder meer bekend vir sy navorsing oor die bestryding van slangbos. DR. DIETMAR HOLM (bl. 44) is verbonde aan die departement produksiedierstudies, fakulteit veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, en is ook voorsitter van die Herkouer-veterinêre Vereniging van Suid-Afrika. HENDRIK VAN PLETZEN (bl. 77) is tegniese bestuurder by Voermol Voere. Hy het al verskeie eerbewyse vir sy werk ontvang, onder meer van Landbouskrywers SA. GERRIT VAN ZYL (bl. 42, 47) van Dewetsdorp is die eienaar van die Hanzyl-Bonsmarastoetery en is ’n gereelde rubriekskrywer vir Landbouweekblad. Hy word as een van die land…

access_time3 minuti
syfers

2 341 kg/ha Die mens kan nie droogte keer nie, maar jy kan die invloed daarvan versag deur jou weiveld reg te bestuur, sê prof. Hennie Snyman van die Universiteit van die Vrystaat. Die gemiddelde seisoenale wortelgewig van gras in veld in ’n goeie toestand is deur navorsing oor ’n tydperk van 37 jaar op 2 341 kg/ha vasgestel (in die sentrale grasveldgebied). Op veld in ’n swak toestand is dit slegs 615 kg/ha. Die bogrondse produksiepotensiaal van dieselfde veld in ’n goeie toestand kan vanweë die seisoensvariasie in reënval van 2 678 kg tot 813 kg DM per hektaar wissel. Indien die veld egter in ’n swak toestand verkeer, sal die bogrondse DM-produksie slegs van 889 kg tot 70 kg/ha per jaar wissel. Bl. 26 135 ha vs. 1 500 ha In…

access_time5 minuti
jongste tegnologie vir veeboere

DIP SKAPE IN ’N JAPTRAP Die outomatiese Baden Sensor-skaapstraaldipstelsel, wat deur Baden Ligte Staalprojekte van Caledon bemark word, kan tot 1 000 skape per uur dip. Vier liter dipstof word op elke skaap gespuit deur 19 spuitpunte, dus word geen deel van die dier oorgeslaan nie. Die skaap stap by die een kant in. Die sensors kom in werking wanneer die dier deurstap en skakel af nadat hy of sy anderkant uit is. NAVRAE: Sas de Kock, sel 083 273 8369. KWEEK GROENVOER IN LAAIE Die kweek van groenvoer in ’n geslote eenheid is geen nuutjie nie, maar die vervaardigers van hierdie stelsel, Feedgrow, het nietemin baie besoekers op vanjaar se Nampo-Oesdag ontvang. Dit produseer groenvoer uit graansaad in ses stelle laaie, wat deurlopend 600 kg voer per dag lewer. Die voer is gereed…

access_time3 minuti
dipspuit behandel 1 200 skape in ’n uur

PLAASINLIGTING Mnr. Bossie Viljoen LIGGING: Molteno, Oos-Kaap PLAASNAAM: Dorrington PLAASGROOTTE: 2 500 ha VERTAKKINGS: Merino-landskape, Santa Gertrudis-beeste, Pinto-perde en groente. VELDTIPE: Gemengde gras-enbossieveld KORTOM ∎ Die Eezy Dip behandel die dier teen enige uitwendige parasiete. ∎ Lug forseer die dipmiddel teen ’n hoë druk uit die houer en sproei dit deur drie spuitkoppe op die skape. ∎ Die hantering van vee word tot ’n minimum beperk en hul stresvlak so laag as moontlik gehou. Vyftien minute is ál wat jy nodig het om sowat 300 skape vir enige uitwendige parasiete te behandel met ’n vindingryke spuit waarmee skape in ’n drukgang gedip word. Mnr. Bossie Viljoen van Molteno en sy seun Stephan het die spuit in 2007 by ’n vriend, mnr. Gert Oosthuizen van Aliwal-Noord, gesien. Bossie sê hoewel die spuit funksioneel was, was dit nodig om ’n paar aanpassings te maak…

access_time2 minuti
lig bees speel-speel met heupklamp

Die beesheupklampe wat hy maak, is nie heeltemal sy eie geesteskind nie, sê mnr. Chris Greyling van Doornfontein tussen Modimolle en Vaalwater in Limpopo. Chris, wat vroeër boorgatpompe geïnstalleer en in stand gehou het, sê ’n beesboer-buurman, mnr. Neels van Rooyen, het so ’n klamp sowat 30 jaar gelede by ’n veearts gesien en toe vir homself een nageboots. “Dié klamp werk so maklik en doeltreffend dat dit gou in die omtes bekend geraak het. Almal met ’n siek of beseerde bees wat lê, het Neels se klamp geleen. Die dilemma was dat dikwels wanneer Neels self die klamp nodig gehad het, moes hy eers sy klamp van die laaste lener laat kom of dit self gaan haal. Dis toe dat Neels vir my sê ek moet van die klampe maak…

ULTIMI NUMERI

help