SCOPRILIBRERIA
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Viaggi ed Attivitá all'aperto
Landbou Vee Landbou Vee

Landbou Vee October 2016

Veeboere is vol hoop vir ’n beter somer ná die erge droogte van 2015-’16. In Landbou Vee 2016 gee kenners raad oor hoe boere hul kuddes weer kan opbou en hoe om weiveld te laat herstel. Kyk uit vir artikels oor boere wat uitgeblink het, die jongste tegnologie vir die veebedryf, ’n hele paar handige boereplanne en watter neigings die toekoms van die rooivleisbedrywe kan bepaal.

Paese:
South Africa
Lingua:
Afrikaans
Editore:
Media 24 Ltd
Leggi di piùkeyboard_arrow_down
COMPRA NUMERO
2,57 €

IN QUESTO NUMERO

access_time1 minuti
veegroete

As ’n boer nie ’n optimis was nie, sou hy nie meer ’n boer kon wees nie, het Will Rogers, Amerikaanse cowboy en akteur, hier teen die draai van die vorige eeu opgemerk. Een van die beste aanhalings oor die landbou wat ’n honderd jaar later net so waar is soos toe. En dit was ook só tydens die strawwe droogte (wat genadeloos voortsleep in baie dele van die land). Boere probeer maar die goeie in die slegte raaksien. Swakker presterende diere wat in die strawwe toestande uitmekaar begin val het, het boere die kans gegee om strenger te selekteer. Vir ander was die geluk by die ongeluk dat die droogte hulle darem die jaarlikse gestoei met inwendige parasiete gespaar het. Veral skape kon hul kondisie betreklik goed handhaaf sonder die…

access_time2 minuti
medewerkers

DR. MICHAEL BRADFIELD (bl. 9, 30 & 48), hoof van Breedplan SA, is ’n bekende in veekundige kringe. Hy lewer gereeld rubrieke en bydraes in Landbouweekblad, maar skryf in sy persoonlike hoedanigheid. MNR. GERRIT VAN ZYL (bl. 32) bedryf die Hanzyl-Bonsmarastoetery by Dewetsdorp. Hy word as een van Suid-Afrika se voorste beesboere beskou en het al verskeie pryse gewen. Hy is ’n gereelde rubriekskrywer vir LBW. PROF. DIETMAR HOLM (bl. 34) is die adjunkdekaan vir onderrig en leer by die fakulteit veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria en is ook ’n direkteur van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa). PROF. HENNIE SNYMAN (bl. 40) word as een van Suid-Afrika se voorste kenners oor weidingsbestuur beskou. Hy is verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se departement vee-, wild- en weidingkunde. MNR. JOHN BOULLE (bl.…

access_time2 minuti
outomatiese melkstal gee boer volle beheer

Mnr. Job Legemaat van Rayton het ter wille van groei in sy boerdery die eerste ten volle geoutomatiseerde melkstal in Afrika op sy plaas, Vaalbank, geïnstalleer. Hulle wil teen Desember 2016 sowat 440 koeie melk. “Hierdie stelsel bied ’n langer werksleeftyd as ’n draaitafel, bied fantastiese bestuursopsies en kan later verder uitgebrei word om nog meer koeie te hanteer, ” sê Job. “Die stelsel werk 24 uur per dag en is ’n vrywillige stelsel,” sê mnr. Darren Hutcheson, verkoopsbestuurder van GEA, die maatskappy wat dit geïnstalleer het. Wanneer ’n koei wil gaan vreet, beweeg sy self deur ’n identifiseringshek. Die hek lees die identifiseringsplaatjie om haar nek, wat inligting oor haar bedrywighede in die voorafgaande paar uur deurgee. As sy lank genoeg gelede gemelk is, gaan ’n hek outomaties oop om in die…

access_time1 minuti
voeromsetting nou per gram gemeet

Hap vir hap kan Kanadese deskundiges waarneem hoe bulle in ’n voerstasie in Namibië hulle aan hul voer verlustig. Die inligting word terselfdertyd deurentyd verwerk sodat die boere wie se bulle getoets word, uiteindelik die beste bulle uit die bestes vir teeldoeleindes kan behou. Dit klink futuristies, maar dit is presies wat hierdie projek van twee Namibiese swaers, mnre. Mecki Schneider van Grootfontein en Ebbi Fischer van Hochfeld, behels. Hulle het ’n uiters moderne, outomatiese voerstasie by die Kanadese maatskappy GrowSafe gekoop waarmee hulle meet watter bulle hul voer die beste in vleis omsit, sodat net dié bulle vorentoe vir teeldoeleindes gebruik kan word. Dit is die eerste voerstasie in sy soort in Afrika. Só werk dit: Elke dier kry ’n radiofrekwensie-identiteitskyfie (RFID) in sy oor. Elke skyfie het ’n unieke nommer. ¦ ’n…

access_time2 minuti
omheining grondslag vir roofdierbekamping

In ’n poging om verliese en die gepaardgaande risiko’s vir voedselsekerheid te verminder, pas baie Suid-Afrikaanse boere dodelike en nie-dodelike metodes toe om die impak van rooijakkalse en ander roofdiere te verminder. Tog is die rooijakkalsbevolking tans meer lewenskragtig as ooit. “Die gevaar bestaan dat bestuursingrypings onverwagte, nadelige gevolge kan hê en selfs die probleem kan vererger. Dit is wat gebeur met ons beheermaatreëls vir rooijakkalsbevolkings op plase,” sê prof. Graham Kerley, soöloog en bewaringsekoloog aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU). Hy en mnr. Liaan Minnie (’n doktorale student aan die NMMU) en dr. Angela Gaylard van Sanparke se afdeling vir wetenskaplike dienste het twee jaar lank navorsing gedoen oor jakkalse in die Karoo-, Bergkwagga-en Addo-olifantpark en op aangrensende wild- en veeplase. “Rooijakkalswyfies op plase kry op ’n jonger ouderdom kleintjies en…

access_time1 minuti
84 punt-melktafel sit boerdery in hoogste rat

In wat beskou word as die grootste deurbraak in melktafeltegnologie die afgelope twee dekades is die 84 punt-Centrus-melktafel in 2016 by die melkboerdery Eensgezind geïnstalleer – die eerste in die Suidelike Halfrond en slegs die tweede ter wêreld. Mnr. Kobus Louw van dié plaas by Klipheuwel naby Durbanville sê die gehalte en tegnologie van die Nieu-Seelandse maatskappy Waikato is van so ’n aard dat dit waarskynlik dubbel die gebruikstyd sal hê as dié van ’n konvensionele melktafel. Hy en sy seun, Daniël, boer met sowat 900 Holsteins, wat elk drie keer per dag gemelk word. Die totale koste, installering ingesluit, beloop sowat R16 miljoen. Eienskappe en voordele van die stelsel sluit in: ¦ Ondanks sy grootte is die 84 puntdraaitafel sowat 80% ligter as konvensionele melkdraaitafels. Sonder koeie weeg die draaitafel 12 000 kg…

ULTIMI NUMERI

help