SCOPRILIBRERIA
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fotografia
Weg! Photography Weg! Photography

Weg! Photography

2016

Of jy nou ’n kieklustige amateurfotograaf is wat jou mik-en-druk deeglik wil benut of ’n kranige watergatwaker met ’n sak vol lense, Weg se eerste spesiale fotografie-uitgawe vertel jou álles wat jy moet weet. Sluiterspoed? Lensopening? Beligting? Ons ontleed dié duistere vaktaal en gee jou wenke en truuks wat verseker dat jy kiekies neem wat goed genoeg is vir die sitkamermuur.

Paese:
South Africa
Lingua:
Afrikaans
Editore:
Media 24 Ltd
Leggi di piùkeyboard_arrow_down
COMPRA NUMERO
3,53 €

IN QUESTO NUMERO

access_time2 minuti
vang herinneringe vas

Ek het onlangs my motorhuis skoongemaak en ’n boks ou skyfiefoto’s gekry. Die meeste was van ’n reis wat ek en my gesin jare gelede onderneem het Botswana toe. Daar in die oprit hou ek toe elke skyfie teen die lig en oombliklik is ek teruggevat: Ek kon die gebrul van die Land Rover hoor terwyl dit oor die lendelam stompe van die Third Bridge in Moremi ry; ek onthou daardie misoggende wat ons ouers ons uit die tente getrek het voor sonsopkoms en ons snoesig onder duvets agter in die motor gesit en gesoek het na diere; ek kon die beskuit proe wat ons in fleskoffie gedoop het; en sjoe, daai keer wat ’n yslike peul uit ’n worsboom geval en amper my pa harsingskudding gegee het! Dis wat fotografie…

access_time2 minuti
medewerkers

Sam Reinders Redakteur: Neem Beter Foto’s Hierdie is eintlik ’n selfie! Dit was ’n Saterdagoggend op die Seepuntpromenade in Kaapstad en ek het aan die seekant van die getypoel gelê. Ek kon die hitte van die muur op my rug voel, en die kinders hoor gil wat seesterre in die poel probeer vang het. Pure geluk, en ’n oomblik om te onthou! Martinette Louw Teksredakteur My ma, Louise, het dié foto geneem op ons plaas naby Kenhardt in die Boesmanland waar my broer met dorpers boer. Dit is hoe gehaltetyd saam met my gesin lyk: ’n warm, stowwerige middag in die veld. Klein troppe wild hou op die plaas en ek was op soek na springbokke op die horison. Marijcke Dodds Teksredakteur Toe ek uiteindelik by Sossusvlei in Namibië aankom, kon ek nie wag om my tone in die sagte,…

access_time1 minuti
d750 + af-s nikkor 24-120 mm f/4g ed vr

Neem puik foto’s met ’n indrukwekkende 24,3 megaspikkel-beeldsensor EXPEED 4-beeldprosesseringsenjin en die vermoë om 1080/60p Full HD-films te skiet. Dit word gekombineer met die aanpasbaarheid en gerief van ’n LCD-skerm wat kan kantel en ’n ingeboude Wi-Fi-funksie. Dit beteken die Nikon D750 is ontwerp om jou kreatiewe drome te bewaarheid. As jy die kragtige AF-S NIKKOR 24-120 mm f/4G ED VR-telefotozoemlens daarby voeg, sal jy volraamvryheid en uitstekende beeld- en videogehalte hê ongeag die lensopening of velddiepte. As jy ’n ontdekker en ’n swerwer is, of as jy van nuwe avonture droom, is die Nikon D750 reg vir jou! TWEEJAARWAARBORG Nikon Suid-Afrika is trots daarop om ’n dienssentrum te hê wat deur ervare fotografie-tegnici bestuur word. GRATIS KAMERA-OPLEIDING Ons gratis opleidingskursusse is ontwerp sodat jy die potensiaal van jou Nikon-kamera kan ontgin.…

access_time1 minuti
koop nou!

’n Keur uit die beste reisstories wat in meer as 100 uitgawes van Weg verskyn het. Klassieke Weg! is ’n digitale uitgawe, aangebied in ’n tydlose ontwerp en ’n lesersvriendelike formaat. Seil saam met Dana Snyman op die warm water van die Tanganyikameer aan boord van die onsinkbare Liemba, of klim saam met Toast Coetzer in die Condor terwyl hy die agterpaaie van die Suid-Afrikaanse platteland deurkruis op soek na goeie mense en goeie stories. Dit het ook stories deur Erns Grundling, Sophia van Taak, Barnie Louw, Albertus van Wyk, Esma Marnewick en Bun Booyens. KOOP NOU! Kry jou kopie by mysubs.co.za/magazine/weg-klassiek…

access_time1 minuti
canon se powershot g3 x

Die PowerShot G3 X bied ’n kombinasie van Canon se eersteklas-optika, ’n veelsydige 25x- optiese zoemreeks, en handverstelbeheer op die vlak van ’n D-SLR. Dit gee jou dus die vryheid om nader aan jou voorwerpe te kom terwyl jy reis, verken en foto’s neem. Dis ideaal vir natuurfoto’s, of om al die besonderhede van ’n sportwedstryd vas te vang – die moethêkeuse vir kennerfotograwe wat foutlose resultate wil hê. Die PowerShot is ontwerp om by te bly by vinnige voorwerpe – dit kan voortdurend skiet teen 5,9 foto’s per sekonde om seker te maak jy kan al die aksie vasvang. Dit is dus perfek vir wanneer jy by ’n sportwedstryd is of wilde diere volg wat deur ’n woud hardloop. Jy kan van ’n afstand af die knoppie druk en die kamera…

access_time4 minuti
die room van die oes

Vir hierdie uitgawe van Neem Beter Foto’s het ons besluit om die beste foto’s te kies wat sedert 2005 in die portefeulje-afdelings van Weg en go! verskyn het. Dis reeds moeilik om elke maand se portefeulje te kies en om dus uit ’n dekade se puik foto’s te kies was bykans onmoontlik. Maar ons het volhard! En hier is die resultaat. Party foto’s is van lánk gelede, geneem op daai ou ding wat ’n mens film noem; ander sal jy herken as meer onlangs. Ons het al die dinge ingesluit waaroor ons lesers mal is: diere en hulle geveerde vriende, interessante gesigte, en foto’s wat onder die branders geneem is. Geniet die blaai! JOHN KENNY Wes-Ethiopië (Weg #96 Oktober 2012) John Kenny se portrette het ’n deurdringende intensiteit; dit trek jou amper soos ’n magneet na…

NUMERI SPECIALI

help