探検マイライブラリ雑誌
カテゴリー
おすすめ
探検マイライブラリ
女性ライフスタイル
Huisgenoot Trou

Huisgenoot Trou

2016

Huisgenoot-Trou is propvol planne vir elke paartjie se groot dag. Put inspirasie uit die bruilofte van sterre soos Emo Adams, Rolanda Marais, Andriëtte Norman en Bianca le Grange. Daar is altesaam 20 regte troues vol heerlike idees vir jou tema, partytjie en trouplek. En dis nie al nie – verlekker jou ook in ... · Al die trou-trends vir 2016/17 · 10 bladsye trourokke · 12 oormaaksessies vir bruide · Koel troupakke · Pragtige strooimeisierokke, trouskoene en bykomstighede · Kennersraad oor troukoeke, onthale, dekor en details

:
South Africa
言語:
Afrikaans
出版社:
Media 24 Ltd
もっと読む

この号

2
’n dag om te onthou

DAAR sal waarskynlik nie weer ’n dag in jou lewe kom dat jy soveel moeite met jou voorkoms en rok sal doen nie. En dalk sal jy nooit weer so ’n groot feesviering reël soos vir jou troudag waar alles om jou, jou man, jul liefde en die samesyn met vriende en familie draai nie. En dit sluit natuurlik in ’n feesmaal, prentjiemooi dekor, blomme en versierings wat op ’n Pinterest-bord tuishoort. In dié gids wys ons julle 20 inspirerende troues van lesers en bekendes, waaronder die aktrise Rolanda Marais se antieksjiek troue (bl. 12) en die grapjas Emo Adams se elegante bruilof in die Boland (bl. 8). Ons stel ook ’n paneel kenners uit die troubedryf bekend (bl. 6). Hulle verskaf deur die tydskrif heen raad en wenke wat jou met…

4
ontmoet ons kenners

Diaan Daniels TROUDRAG- EN MODE-ONTWERPER Vele plaaslike glansmense het al in ’n pasgemaakte Diaan Daniels-rok met die paadjie afgesweef en meer as 10 bruide het al in sy skeppings op die TV-program Top Billing gepronk. Hy het onlangs sy handelsmerk vir dragereed-troudrag, Devoted Collection, plaaslik en internasionaal bekendgestel en is ook aanbieder van die werkli kh eid sreek s My Droomtrourok op die DStvkanaal VIA. diaan.co.za Kgomotso Ndungane TROUBEPLANNER Kgomotso het inligtingstegnologie gestudeer en eers in dié bedryf gewerk. Maar nadat sy haar troue met die rugby-ster Odwa Ndungane in 2012 beplan het, het sy haar IT-onderneming verkoop om troues te beplan en dit was die begin van Oak Celebrations in Durban. Die glanstroues waaroor sy al haar toorstokkie geswaai het, sluit in dié van Bheki Cele, adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye. oakcelebrations.com Nelis Engelbrecht TROUFOTOGRAAF Nelis was ’n…

4
trou-show met emo

EGPAAR: Michelle Gildenhuys & Emo Adams TROUPLEK: Ashanti-landgoed, Paarl BEGROTING: Grootliks geborg GASTE: 80 NEGE jaar nadat hulle mekaar ontmoet en verlief geraak het, het die sanger, grapjas en TVster Emo Adams en Michelle Gildenhuys, ’n model en entrepreneur, hul troubeloftes aan mekaar afgelê. Die bruid, ’n Christen, en Emo, ’n Moslem, het uit respek vir mekaar se geloof twee bruiloffunksies gehou. Ure voor die swierige huwelikseremonie op die Ashanti-landgoed in die Paarlvallei het Emo (37) en Michelle (28) by ’n Moslem-seremonie in Kaapstad afgehaak. Hul 80 gaste, almal nabye vriende en familie, het die tweede seremonie bygewoon. Emo se knieë het omtrent lam geword toe hy sy bruid in haar pragtige Diaan Daniels-skepping sien. “Ek het gedink ‘Deksels, bliksem, ek is so geseënd en so gelukkig’,” vertel die bruidegom. Wenk Rokerige grimering beklemtoon oogkleur en rooi lipstiffie plaas…

5
antieksjiek droom

EGPAAR: Rolanda Marais & Jozua Malherbe TROUPLEK: Old Mac Daddy, Elgin-vallei BEGROTING: Onder R200 000 GASTE: 100 SOWAT vyf jaar nadat hulle op die stel van die fliek Wolwedans in die Skemer ontmoet het, het die regisseur Jozua Malherbe (34) en aktrise Rolanda Marais (38) in die hartjie van die somer afgehaak. “Ons vul mekaar goed aan,” vertel Rolanda. “Ons gun mekaar die ruimte om onsself te wees en geniet mekaar se aardighede. Elkeen doen sy ding en doen dit voluit en die ander ondersteun hom of haar.” Die paartjie wou ’n gemaklike troue saam met hul geliefdes vier en het Old Mac Daddy naby Grabouw as trouplek gekies. Dié luukse plaas in die Elgin-vallei bied buiten ’n onthaalsaal ook woonwaens wat in interessante blyplekke omskep is – ideaal vir naweektroues. “Omdat ons albei in die…

2
ligte, kamera . . . trou!

EGPAAR: Charlenè Brouwer & Niel van Deventer TROUPLEK: Bon Cap, Robertson BEGROTING: Nie beskikbaar nie GASTE: 80 NÁ SEWE jaar saam het die rolprentvervaardiger Niel van Deventer (32) en die regisseur en aktrise Charlenè Bruwer (31) besluit om op Bon Cap by Robertson af te haak. Die egpaar was so besig met hul rolprent Dis Ek, Anna, dat hulle die meeste van die reëlings oorgelaat het aan Michelle du Preez, Bon Cap se troubeplanner. “Alles is per e-pos en telefoon gedoen,” vertel Charlenè. En die dag het seepglad verloop: van die plegtigheid in die ondergrondse vatkamer tot die onthaal. “Dit was ’n heeltemal stresvrye dag saam met familie en vriende . . . Ons het waarlik pret op ons troudag gehad!” Niel het haar verras deur te reël dat die rapper Jack Parow by die onthaal optree. Charlenè,…

2
winterdag vol warmte

EGPAAR: Andriëtte Norman & Glynn Moolman TROUPLEK: Gelukkie, Paternoster BEGROTING: R100 000 GASTE: 67 DIE sangeres Andriëtte Norman (29) en Glynn Moolman (31), ’n biokinetikus van Kaapstad, ken mekaar al sedert hul skooljare, maar die liefde het eers in 2010 geblom toe hy haar vra om saam met hom te gaan koffie drink. Sowat vyf jaar later het hulle op ’n winterdag op die skilderagtige Weskus-dorpie Paternoster ewige trou aan mekaar beloof. Die huwelikseremonie is in ’n tuin waargeneem terwyl vioolmusiek opgeklink het. “Die weer was perfek en dit was ’n windstil dag. Jy kon die liefde en warmte in die lug voel,” vertel Andriëtte. Die egpaar het hul troudag gevier deur heerlik saam met hul gaste te kuier. “Kleiner troues is meer ontspanne en jy kry kans om saam met almal tyd deur te bring,” sê die bruid. Wenk Kombineer…