Die huis het nooit werklik stil geraak ná haar ma se dood nie, want daar was ’n pa en broers om na om te sien. Maar vir Elize Mathane (43) van Barkly-Wes, die eertydse diamantdorpie sowat 35 km vanaf Kimberley in die Noord-Kaap, het dit leeg gevoel. Net daar, op die drumpel van die grootmenswêreld, is sy skielik daarin gedompel.
Borskanker het nie net haar ma, Theresa, weggevat nie, dit het drie jaar lank tussen die ouderdomme van 16 tot 19 ’n lewe aan haar oorhandig waarvoor sy nie gereed was nie.
In dié drie jaar, terwyl haar ma teen dié siekte geveg het, het dit Elize, die jongste van vyf kinders, ’n “ma” gemaak nog voordat sy klaar was met dogter-wees. Elize se pa, Peter, het sy beste vriendin…
