Wenbrief!
Are optel
Die afgelope ruk is ek sonder ’n skoonmaker en ek moet self vee, mop, skrop, skottelgoed was en stryk. Ek probeer my houding positief hou, maar soms raak ek, soos my Namakwalandse skoonma altyd so stuitig gesê het, “dreunerig” oor dié take wat ek moet doen.
Vanoggend lees ek in Rut 2:2 haar woorde aan haar skoonma: “Mag ek lande toe gaan om are op te tel?” Rut het natuurlik reeds vroeër die oggend hulle ou huisie se vloere met ’n rietbesem uitgevee, katoenrokke en kopdoeke buite in die son opgehang, keramiek-kosbakke gewas en hulle slaapgoed opgerol. Maar daar doen hierdie vrou, wat uiteindelik deel sou word van Jesus se bloedlyn, die werk van ’n ongeskoolde. So praat ons Verlosser met my – Hy, die een wat…