Hoe nader grys kom aan swart, hoe meer dramaties en geheimsinnig word dit. En hoe nader aan wit, hoe meer lewendig en lig Grys. Die kleur van die winter, van grou steenkoolmyndorpies en mistroostigheid. Maar dis ook die kleur van sagte misreën, ’n paar pragtige sielvolle oë, ’n gladde rivierklip.
Dis ’n kleur wat iemand moet verdíén; die lewe moet ’n paar draaie met jou loop voor jy kan spog met die waardigheid van ’n grys kapsel.
Vervelig is dit nie – en hoe kan dit met soveel verskillende skakerings: die warm, lewendige grys van ’n bewolkte Hoëveldse donderstorm, of die koel, effens melancholiese grys van ’n Weskus-strand in die winter.
Dis tyd dat dié neutrale kleur, met apologie aan Stef Bos, sy “grijse mantel” afgooi en sy regmatige plek…
