探検マイライブラリ雑誌
カテゴリー
おすすめ
探検マイライブラリ
女性ライフスタイル
Vrouekeur

Vrouekeur

27 March 2020

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

:
South Africa
言語:
Afrikaans
出版社:
Caxton Magazines
もっと読む

この号

2
hou op bekommer en was jou hande

Die koronavirus het baie mense heeltemal op hol. Menige mens is bang. Bang waarvoor, weet ek nie regtig nie, want paniek het die geneigdheid om nugtere denke te oorskadu en massahisterie is gewoonlik nie rasioneel nie. As jy nugter oor ’n situasie dink, kyk jy na die feite. As jy meer wil weet oor dié virus, lees jy betroubare inligting wat deur kenners geskryf is. Dan kom jy agter die paniek wat tans onder sommige mense wêreldwyd heers, ontstaan soortgelyk aan ’n skinderstorie. Soos wat die storie oorvertel word, word daar ’n stertjie aangelas en voor jy jou oë uitvee, is die storie en die waarheid wêrelde uitmekaar. Jy lees nie elke Jan Rap en sy maat se kommentaar op sosiale media nie … as jy dit doen, kan jy net…

1
35% afslag!

Bel Magsathome by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) kredietkaartBESONDERHEDE en vir debietorderOPSIES SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS) Stuur ’n faks na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening Skryf in op ons webwerWE www.vrouekeur.co.za/www.magsathome.co.za stuur ’n e-pos na subs@magsathome.co.za POS ’n tjek uitgemaak aan Magsathome Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450 Doen ’n elektroniese oorbetaling of betaal met ’n direkte deposito Rekeningnaam: Magsathome Subs Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 belangrik! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou van en selfoonnommer as verwysing met ’n elektroniese betaling of direkte deposito en faks dit met jou betalingsbewys en posadres na…

1
wen

How to Raise a Man is moderne ma’s se gids oor hoe om ’n tienerseun groot te maak. Dis deur ’n ouerskapkenner geskryf wat jou met hierdie praktiese gids sal help om jou seun groot te maak om ’n goeie man te word. www.penguinbooks.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS RAI SE gevolg deur jou naam, van en adres voor 1 April 2020 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxton-tydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrifaanbiedinge aan jou te bied.…

1
vrouekeur

Redakteur Eldaleen Hugo Adjunkredakteur Zerelda Esterhuizen Besturende redakteur Anlie Janse van Rensburg Kunsredakteur Je’Maine van Kradenburg Teksredakteur & gesondheidSJOE RNALIS Christa Swanepoel Teksredakteur Margot Pakendorf Schultz PROEFLESER Louïne van der Vyver Boekeredakteur Willie Burger Verhaleredakteur Melt Myburgh vkfiksie@gmail.com KUNSTEREDAKTEUR Johan Myburg KosSKRYWERS Suzanne Crozier en Mareli Visser DEKORENTUIN Anna Celliers, Connall Oosterbroek, Maryke Roberts MusiekRESENSENT EN VERMAAKJOERNALIS CJ de Swardt KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel NAVRAE 087 158 1832 en vrouekeur@caxton.co.za Vrouekeur, Caxton-tydskrifte, Jan Smutslaan 368, Craighall Park 2196 Posbus 1480, Saxonwold 2132 HOOFBESTUURDER Anton Botes BEMARKINGSBESTUURDER Reinhard Lotz PRODUKSIEBESTUURDER Sada Reddhi ADVERTENSIES HANDELSBESTUURDERS Johannesburg en Kaapstad (insluitend landwye kleinadvertensies): 010 492 8356, 021 001 2401 Eugène Marais eugene@caxton.co.za KLEINADVERTENSIES Shantal Pillay: 087 087 8902, shantalp@caxton.co.za Charmaine Pillai: 087 087 8898, cp@caxton.co.za DRUKWERK CTP-Gravure Printers VERSPREIDERS RNA 011 248 3500…

6
’n ware towenaar

Om Hannon dop te hou terwyl hy voor die voorbladfotograaf se lens poseer, voel ’n bietjie of jy na towerkuns kyk. Dis nie sigbaar of tasbaar nie, maar dis duidelik die Glam Guru skakel iets aan. Hier in die ateljee is hy ooglopend op sy gemak. Hy weet presies hoe om te glimlag, wanneer om ’n perfek gevormde wenkbrou te lig of sy breë skouers teen nét die regte hoek te draai. Hannon is vriendelik en professioneel op stel en met elke kameraflits verskyn die ooreenstemmende beeld op ’n rekenaarskerm – en elke liewe foto lyk sommer rééds reg vir publikasie. “Sickeningly photogenic!” bestempel die fotograaf hom spottenderwys. Dié beskrywing is in die kol. Tog erken Hannon hy is “hiperkrities” op homself. En wanneer jy met hom oor sy (steeds groeiende) sakeryk van skoonheidsprodukte gesels, blyk…

7
jong talent

Die fliek Flatland wat binnekort uitgereik word, gaan oor Natalie (Nicole Fortuin) wat haweloos is nadat haar ma gesterf het. Die klein Karoodorpie waar hulle woon, het nie veel geleenthede nie en sy trou met die polisieman Bakkies Bezuidenhout (De Klerk Oelofse), wat haar ’n beter lewe beloof. Haar huweliksnag is egter rampspoedig en loop op ’n onbeplande moord uit. Natalie vlug en gaan klop by haar hoogswanger skoolvriendin, Poppie (Izel Bezuidenhout), aan en saam kies hulle twee te perd koers oor die vlaktes. Johannesburg wink, want Poppie se kind se pa is daar en hulle glo alles sal regkom as hulle hom opspoor. Hul pad kruis egter met kaptein Beauty Cuba (Faith Baloyi) wat wil bewys dat haar voormalige verloofde nie skuldig is aan die moord wat Natalie gepleeg het en…