女性ライフスタイル
Vrouekeur

Vrouekeur 31 January 2020

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

:
South Africa
言語:
Afrikaans
出版社:
Caxton Magazines
刊行頻度:
Interrupted
もっと読む

この号

3
jy kan klim of jy kan oor jou berge kerm

By Anne Marais se artikel “Klim jou Everest” op bl 24 vind ek aanklank. Niemand ontkom daaglikse, maar ook langdurige uitdagings nie. Ons almal moet elke dag ’n heuwel of ’n berg uitklim en soms staan ons aan die voet van ’n majestueuse berg wat onklimbaar lyk. Jare gelede, in 2004 om presies te wees, het ek letterlik en figuurlik aan die voet van ’n hoë berg gestaan wat ek moes uitklim. Twee van my drie broers is bergklimmers en saam met dié twee is ek Tafelberg uit. Hoogtevrees het ek nie, maar daardie dag het ek besef ek het “laagtevrees”. Ek kan vreesloos van ’n hoë plek afkyk, maar toe ek dié dag aan die begin van die klim teen die voet van die eerste steil krans staan en opkyk, toe…

1
35% afslag!

• BEL RAMSAY MEDIA by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) KREDIETKAARTBESONDERHEDE en vir DEBIETORDEROPSIES• SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS)• STUUR ’N FAKS na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening• SKRYF IN OP ONS WEBWERWE www.vrouekeur.co.za/www.magsathome.co.za• STUUR ’N E-POS na subs@magsathome.co.za.• POS ’N TJEK uitgemaak aan RamsayMe dia Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450• Doen ’n ELEKTRONIESE OORBETALING of betaal met ’n DIREKTE DEPOSITO Rekeningnaam: RamsayMedia Subs Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 BELANGRIK! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou van en SELFOONNOMMER as verwysing met ’n elektroniese betaling of direkte deposito en faks dit met jou betalingsbewys…

1
wen

Shelley Jacobsen is in haar 40’s en sy voel vasgevang. Sy huur die aantreklike 22-jarige Wayde Smith as ’n barista vir haar koffiewinkel. Hy laat haar jonk voel en Shelly wil net pret hê, maar sal dit als skadeloos bly? www.nb.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS SHelleY gevolg deur jou naam, van en adres voor 5 Februarie 2020 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxton-tydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrif-aanbiedinge aan jou te bied.…

7
die wel & wee van bertha

Toe ’n figuur op 22 Oktober laas jaar op Tjattas se bed gelê het, het kykers bespiegel: “Wie kan dit wees? Tog nie Emma nie!” En inderdaad was heelwat van hulle reg. Want ná vyf jaar ís Emma weer terug in 7de Laan. Terwyl ons in ’n restaurant vir omelette sit en wag, vertel Bertha geesdriftig van die nuwe laekoolhidraat-hoëvet-lewenstyl wat sy volg sedert sy en haar gesin verlede jaar aan die kykNET-reeks Slank deelgeneem het. Mens kan sien dat die dieet soos ’n bom vir haar werk. Sy het ’n hele paar kilogramme afgeskud en haar gesig gloei, maar dit wil voorkom asof die gloed nie net veldiep is nie ... Bertha het die Laan vyf jaar gelede as permanente aktrise vaarwel toegeroep om meer tyd saam met haar gesin deur te…

7
clementine huil van trots

Ons ontmoet net nadat die rolprent Poppie Nongena die eerste keer by die Silwer-skerm-fees vertoon is. Die fliek, wat van 31 Januarie af in teaters te sien is, is aangrypend en by tye uiters ontstellend. Dis ’n rolprent wat aan jou hart vat. Die meeste van ons is bekend met die verhaal van Poppie, die hoofkarakter in die ikoniese Elsa Joubert-roman Die swerfjare van Poppie Nongena. Dit vertel die verhaal van ’n Xhosa-huiswerker wat haar midde-in die onstuimige apartheid-Suid-Afrika verset teen die paswette wat haar lewe beheer. Regoor my sit Clementine Mosimane, sjiek in ’n noupassende koningsblou broek en baadjie en pas klaar met ’n TV-onder-houd. Die 54-jarige aktrise, wat die hoofrol in die prent vertolk, lyk so tevrede soos ’n kat wat ’n piering room uitgesnuffel het en dit met niemand…

9
’n lewe vol musiek

Charl-Johan Lingenfelder is die musikale regisseur van die Fugardteater in Kaapstad en het al in Parys, San Francisco, New York, Hongkong, Athene, Nieu-Seeland, China, Taiwan en Indonesië as komponis, musikale regisseur en skrywer gewerk, maar dis die fliek Kanarie, oor sy lewe as jong man in die weermag, wat die meeste lof ontlok. Charl-Johan is ook verantwoordelik vir die klankbaan van die fliek Griekwastad wat binnekort begin draai en vertolk die hoofrol in die vertoning Cabaret in die Fugartteater. Sy CV is indrukwekkend. Hy het al saam met teaterghoeroes soos die dramaturge Eve Ensler en Athol Fugard, musikante Vanessa Mae, Sibongile Khumalo en Loyiso Bala en choreograwe Gregory Maqoma en Veronica Paeper gewerk. Hy is al vir 15 Naledi-en agt Fleur du Cap-toekennings benoem. Hy was die musikale regisseur van onder meer The…