Vrouekeur

Vrouekeur 21 February 2020

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

もっと読む
:
South Africa
言語:
Afrikaans
出版社:
Caxton Magazines
刊行頻度:
Back issues only
¥194

この号

2
minder gee jou meer

Diegene wat daagliks met rekenaars werk, se een groot frustrasie is dat die rekenaarspoed mettertyd afneem, tot so ’n mate dat dit soms vries en niks kan doen nie. Van rekenaars se binnegoed weet ek niks, maar wat ek oor die jare geleer het, is dat ’n rekenaar baie soos ’n mens is. ’n Oorlaaide rekenaar sukkel nes ’n mens onder die lading. Jy moet gereeld ou lêers en inligting delete of jou rekenaar oornag defrag sodat onnodige bagasie nie jou rekenaar se spoed vertraag nie. Nog iets wat ek geleer het, is dat ’n georganiseerde rekenaar baie beter navigeer. Dit voorkom dat jy tyd mors deur na goed te soek wat jy weet op jou rekenaar is, maar nie kan kry nie, omdat daar nie orde is nie. ’n Deurmekaar rekenaar…

1
35% afslag!

▪ BELMagsathome by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) kredietkaartBESONDERHEDE en vir debietorderOPSIES▪ SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS)▪ Stuur ’n faks na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening▪ Skryf in op ons webwerWE www.vrouekeur.co.za/www.magsathome.co.za▪ STUUR ’N E-POS na subs@magsathome.co.za▪ POS ’N TJEK uitgemaak aan Magsathome Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450▪ Doen ’n ELEKTRONIESE OORBETALING of betaal met ’n direkte deposito Rekeningnaam: Magsathome Subs Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 belangrik! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou van en selfoonnommer as verwysing met ’n elektroniese betaling of direkte deposito en faks dit met jou betalingsbewys en posadres na…

1
wen

’n Boek vol fassinerende en interessante feite wat die nuuskierigste kind (en grootmens) vasgenael sal hou. In Hoekom nie? is daar 1 111 fantastiese antwoorde en verduidelikings vir al daardie vrae waarop weetgierige kinders antwoorde soek: Hoekom hou ons nie aan met groei nie? Hoekom is daar nie meer dinosourusse nie? Plus tien lyste met raar maar waar feite en cool aktiwiteite. www.nb.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS HOEKOM gevolg deur jou naam, van en adres voor 26 Februarie 2020 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxtontydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrifaanbiedinge aan jou te bied.…

7
min dinge intimideer haar

Vanes-Mari vra uitasem om verskoning omdat sy ’n paar minute laat is vir ons onderhoud. “Ek’s nooit ooit laat nie, die een ding van ’n sportpersoon,” sê die sportvrou en TV-aanbieder, “jy respekteer tyd. Maar my liewe, dierbare man het besluit daar moet nou opgraderings by die huis gedoen word. “Matthew moes vanoggend vroeg ingaan werk toe en toe moet ek vir die bouers staan en wag,” verduidelik sy. Haar liewe, dierbare man is natuurlik niemand anders nie as Matthew Proudfoot, die Bokke se assistent-afrigter. Ons gesels net ’n paar weke ná die Rugbywêreldbeker en die land is steeds, die uwe inkluis, duiselig van blydskap, verbasing, dankbaarheid, elke denkbare byvoeglike naamwoord onder die son. Ek wil onmiddellik alles weet. “Ja,” beaam sy, “my man kry deesdae meer aandag in die publiek, maar tuis…

6
nuwe dinge vir magda

Die groot klavier is die fokuspunt van die woonvertrek in haar nuwe tuiste. Magda, wat nou “so rondom 70” is, het in die lente van 2019 in dié meenthuis in Randburg, Johannesburg, ingetrek. Dit ná ’n twee jaar lange “sabbatstyd” toe sy by haar dogter, Bernice du Toit, en dié se gesin in Victorypark in Johannesburg gewoon het. Magda se seun, Wénèf, en sy vrou, Marieta, en dogtertjie, Emma, woon in die Kaap. Die vertrekke hier is vol sonlig en spesiale meubels, prente en herinneringe. “Elke ding hier het betekenis,” vertel Magda oor ’n koppie tee, keurig in fyn geblomde koppies voorgesit. Daar’s ’n geraamde tekening van haar man (die geliefde akteur Zack du Ples sis) saam met die rugbylegende Frik du Preez by die ingangsportaal. Dis deur die bekende spotprentkunstenaar Mynderd Vosloo geteken. “Frik…

6
sy wil nuwe wêrelde verken

Niemand verwag dat ’n 22-jarige al groot dinge moes vermag het nie. Jy’t skaars die skoolgrond se stof van jou voete afgeskud en probeer nog uitpluis wat daai ding wat hulle volwassenheid noem nou regtig behels. ’n Loopbaan is iets wat in die toekoms vir jou wag. Maar Marguerite van Eeden is nie ’n gemiddelde 22-jarige nie. Op 18 het sy haar eerste hoofrol in ’n rolprent vertolk en is tans in die vroulike hoofrol in die fliek Vergeet my nie te sien. Praat van vinnig uit die wegspringblokke! Maar toneelspel is nie die enigste hooi op dié finalejaar-BA-student se vurk nie. Die dag van ons onderhoud het sy nog eksamen geskryf. “Vanoggend was dit sielkunde en gister het ek filosofie geskryf. Dithetgelukkiggoedgegaan met albei.” Maar sy ontken heftig dat sy slim…