女性ライフスタイル
Vrouekeur

Vrouekeur 6 March 2020

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

:
South Africa
言語:
Afrikaans
出版社:
Caxton Magazines
刊行頻度:
Interrupted
もっと読む

この号

2
die waarde van integriteit

en van die oorsake wat aanleiding gee tot dit wat ons in die wêreld sien gebeur, is ’n toenemende gebrek aan integriteit. As jy nie integriteit het nie, skroom jy nie om mense uit te buit nie, jy dink in die eerste plek net aan jouself – daar is nie rêrig plek vir jou medemens nie – tensy hy of sy jou eie situasie kan verbeter of bevorder. As jy nie integriteit het nie, skroom jy nie om geld te steel nie – staatsgeld inkluis. As jy nie integriteit het nie, misbruik jy mag, status en aansien. As jy nie integriteit het nie, is verantwoordbaarheid nie deel van jou menswees nie. Die lys is lank … Warren Buffet sê oor integriteit: In looking for people to hire, look for three qualities: Integrity, intelligence and energy. And if…

6
sibbe én sangpaar

Die jaar is goed op dreef vir die jong sangpaar. Ruan Josh (30) en Franja du Plessis (26) vat nie grond nie. Daar lê immers opwindende projekte voor – albei het onlangs by ’n nuwe platemaatskappy geteken en werk aan nuwe musiek. Tussendeur toer hulle die land vol. Wat is jul loopbaandrome en in watter aspek van die bedryf wil julle nog groei en ontwikkel? Franja: Ek wil beslis my skryfwerk en ervaring in die vervaardiging van musiek uitbou. Mens is nooit te oud om nuwe goed te leer nie. Ek droom groot! Hulle sê mos: “As jou drome jou nie bang maak nie, dan droom jy nie groot genoeg nie!” Ruan: Ek is ’n ewige optimis – soms tot my eie nadeel. Ek wil graag ’n impak maak. Ek sien orals waar…

7
weer reg vir die kollig

Ek het ’n jaar lank niks gesing nie – nie ’n enkele noot nie. Ek kon nie eens na musiek luister nie,” vertel Zanne Stapelberg oor haar besluit om uit die kollig te tree. “Dit was geweldig moeilik om in daardie stadium van die Zoid, Zanne, Zolaniproduksie weg te stap waarmee ons besig was. Ek het egter net geweet dat ek dit moes doen. “Ek moes gesond word. Ek moes balans in my lewe en gesinslewe herstel. Daar was baie werk om te doen en ek was vasberade,” vertel Zanne. Die roetine van kosblikke pak, skoolklere was, inkopies doen, kinders by die skool aflaai en kosmaak, het Zanne vreemd veilig laat voel. Dit het struktuur aan haar lewe gegee. “Om 130 optredes ’n jaar te doen, klink wonderlik – en dit was, maar dit…

6
soveel stories in sy kop

Ons ontmoet vroegaand in ’n knus pizzeria in Randburg. Om ons is dit donker. Eskom het pas fase-6-beurtkrag ingestel, daar is vars slaggate in die pad ná die afgelope paar weke se onophoudelike reën, verkeersligte werk nie en daar is min mense buite, selfs die bedelaars het skuiling gaan soek. Leon van Nierop is ’n gentleman, hy het my twee keer gevra om te bevestig dat ons ontmoetingsplek my pas. Die man oorkant my in die pizzeria het ’n vriendelike, jeugdige gesig. Hy glimlag maklik. Hy het pas sy jongste roman, Bloedsuier, gepubliseer. “Dis nie net nog ’n Leon van Nieropsepie nie,” benadruk hy. Dit is ’n sielkundige riller, dis donker en dit speel in Johannesburg af. Op pad na die pizzeria kom Wallflower, die roman se antagonis, onwillekeurig by my op. Hy…

9
ons lewe in ’n kar

Jy mag nie in ’n openbare ruimte in jou motor slaap tensy dit ’n noodgeval is nie en niemand mag vir langer as 24 uur in hul motor woon nie. So stipuleer die bywette van die stad Kaapstad. Ten spyte hiervan is dié stad, soos vele ander dorpsgebiede, die tuiste van al hoe meer Suid-Afrikaners vir wie hul motors die enigste buffer tussen hulle en totale haweloosheid is. Kim Hopper, ’n Amerikaanse navorser oor haweloosheid in New York, sê hierdie “mobiele haweloses” is dikwels die werkende armes, op die grens van haweloosheid omdat hul salarisse eenvoudig nie by die koste van behuising byhou nie. Kenmerkend van hierdie mense is dat die meeste van hulle hul situasie as tydelik sien. Dis mense wat nog nie gereed is om boedel oor te gee nie…

7
ou liefde roes nie

As tiener was sy malverlief op haar beste vriendin se ouer broer. Amanda Meyer de Meillon (nou 53) onthou hoe Charles (nou 55) destyds vir haar en sy sussie, Tania, by die skool opgelaai en sy vir hom in die motorspieëltjie geloer het. Charles was in matriek en sportmal en het hom nie veel aan meisies, laat staan nog hierdie giggelende bakvissie, gesteur nie. Amanda het gereeld by sy ouerhuis gekuier en sy ouers was haar tweede ma en pa. Later het die tweetjies tog ’n verhouding aangeknoop en Charles is saam met Amanda matriekafskeid toe nadat hy uit die weermag was en reeds gewerk het. “Hy het my selfs gevra om met hom te trou – nogal onder sy ma se wasgoeddraad,” vertel Amanda. Maar toe besef hy hy is op 20…