Vrouekeur

Vrouekeur 20 March 2020

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

もっと読む
:
South Africa
言語:
Afrikaans
出版社:
Caxton Magazines
刊行頻度:
Back issues only
¥194

この号

2
oor brei & onthou

Mens besef dikwels nie die waarde van ’n oomblik tot dit slegs ’n herinnering is nie–Dr Seuss In ’n groot rooi hoededoos bo-op ’n boekrak in ons huis bêre ek goed waaraan ek sentiment het en wat ek al jare bewaar. Daar is onder meer my Barbie-pop in, met die patrone vir Barbie-popklere én al die klere wat my ma 50 jaar gelede vir my pop gemaak het. In die hoededoos is daar ook ’n gebreide jassie en ’n replika daarvan vir my babapop van destyds. Dié jassies het my ouma 55 jaar gelede vir my gebrei en jare later het my dogter die einste jassie gedra. As ek aan my ouma dink, onthou ek onder meer haar lieflike bos krulhare. Ek sien nou nog hoe sy haar vingers deur haar hare trek nadat…

1
35% afslag!

TEKEN IN OF HERNU jou inskrywing teen R812,50 PER JAAR! ▪ BELMagsathome by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) KREDIETKAARTBESONDERHEDE en vir DEBIETORDEROPSIES▪ SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS)▪ STUUR ’N FAKS na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening▪ SKRYF IN OP ONS WEBWERWE www.vrouekeur.co.za/ www.magsathome.co.za▪ STUUR ’N E-POS na subs@magsathome.co.za▪ POS ’N TJEK uitgemaak aan Magsathome Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450▪ Doen ’n ELEKTRONIESE OORBETALING of betaal met ’n DIREKTE DEPOSITO Rekeningnaam: MAGSATHOME SUBS Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 BELANGRIK! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou van en SELFOONNOMMER as verwysing met ’n elektroniese betaling of direkte…

1
wen

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross. www.proteaboekhuis.com 3 lesers kan die boek wen. SMS KINDERS gevolg deur jou naam, van en adres voor 25 Maart 2020 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxtontydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrifaanbiedinge aan jou te bied.…

7
tyd vir nuwe dinge

In Suidooster, wat in die fiktiewe Ruiterbosch afspeel, was Greta Pietersen se karakter al getroud, geskei, het sy ’n baba verloor en een saam met haar sepie-man, Stefan (Gideon Lombard), aangeneem. In haar eie lewe was dinge minder stormagtig, maar tog ook grensverskuiwend. Haar CV is indrukwekkend, nie net omdat sy op ’n baie jong ouderdom met ’n Fiësta-toekenning weggestap het nie, maar ook omdat sy nie net BA-drama aan Tukkies voltooi het nie, maar ook honneurs-en meestersgrade aan die Universiteit Stellenbosch op haar kerfstok het. Lesers het haar die afgelope paar jaar in Boland Moorde en Boekklub, advertensies en kortflieks gesien. Greta se vertolking in die teaterstuk Kleedkamer blues, Ludwig Binge se debuutteks, het haar ’n Woordtrofee-benoeming vir beste aktrise besorg. Greta het die verhoog met De Klerk Oelofse, Wessel Pretorius, Ludwig…

5
vreesloos veelsydig

“Sy is vreesloos. Die enigste keer wat ek haar ooit bang gesien het, was toe ek en sy te laat in Emmarentiapark gaan stap en die donker ons gevang het,” vertel Marida Fitzpatrick, ’n vriendin en voormalige kollega van Elma. “Toe hol ons soos Lippizaner-perde deur die bos, met ons bene so hoog uit vrees dat ons in die donker oor boomwortels sal val. Maar andersins is sy een van die dapperste mense wat ek ken. Sy het eenvoudig nie ’n bang haar op haar kop nie.” Ook nie ’n lui haar nie, as jy na haar 2019-skedule kyk. Eers het sy tussen Mei en Julie vir aanhangers ’n kykie agter die skerms by die Krieketwêreldbekertoernooi in Engeland en Wallis gegee. Skaars twee maande later was sy in Japan vir die Rugbywêreldbekertoernooi…

1
10 vrae vir elma

HET JY ’N KARAKTERTREK WAARVAN JY MIN HOU? My groot mond. Ek bedoel dit nooit, maar ek weet dat ek soms ongevoelig oorkom. WAT IS JOU GROOTSTE UITSPATTIGHEID? Reis. WANNEER SAL JY WAARSKYNLIK ’N BIETJIE JOK? Ek het min respek vir reëls. Ek breek geredelik die reëls as ek dink hulle is stupid, wat dikwels by sportgeleenthede met akkreditasie en toegang te doen het. WIE OF WAT IS DIE LIEFDE VAN JOU LEWE? My man, Richard Maspero, met my kat, Frank, naelskraap in die tweede plek. WAT BESKOU JY AS JOU GROOTSTE PRESTASIE? Dat my man altyd so geduldig en ondersteunend is met al die mal dinge wat ek aanpak. WAT IS JOU KOSBAARSTE BESITTING? Ek sal absoluut verlore wees sonder my foon. My hele kantoor en my hele persoonlike lewe is daarop. FANTASIEBEROEP? Ek sou graag ’n bloemiste wou wees. My man…