女性ライフスタイル
Vrouekeur

Vrouekeur 27 March 2020

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

:
South Africa
言語:
Afrikaans
出版社:
Caxton Magazines
刊行頻度:
Interrupted
もっと読む

この号

2
hou op bekommer en was jou hande

Die koronavirus het baie mense heeltemal op hol. Menige mens is bang. Bang waarvoor, weet ek nie regtig nie, want paniek het die geneigdheid om nugtere denke te oorskadu en massahisterie is gewoonlik nie rasioneel nie. As jy nugter oor ’n situasie dink, kyk jy na die feite. As jy meer wil weet oor dié virus, lees jy betroubare inligting wat deur kenners geskryf is. Dan kom jy agter die paniek wat tans onder sommige mense wêreldwyd heers, ontstaan soortgelyk aan ’n skinderstorie. Soos wat die storie oorvertel word, word daar ’n stertjie aangelas en voor jy jou oë uitvee, is die storie en die waarheid wêrelde uitmekaar. Jy lees nie elke Jan Rap en sy maat se kommentaar op sosiale media nie … as jy dit doen, kan jy net…

1
35% afslag!

Bel Magsathome by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) kredietkaartBESONDERHEDE en vir debietorderOPSIES SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS) Stuur ’n faks na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening Skryf in op ons webwerWE www.vrouekeur.co.za/www.magsathome.co.za stuur ’n e-pos na subs@magsathome.co.za POS ’n tjek uitgemaak aan Magsathome Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450 Doen ’n elektroniese oorbetaling of betaal met ’n direkte deposito Rekeningnaam: Magsathome Subs Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 belangrik! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou van en selfoonnommer as verwysing met ’n elektroniese betaling of direkte deposito en faks dit met jou betalingsbewys en posadres na…

1
wen

How to Raise a Man is moderne ma’s se gids oor hoe om ’n tienerseun groot te maak. Dis deur ’n ouerskapkenner geskryf wat jou met hierdie praktiese gids sal help om jou seun groot te maak om ’n goeie man te word. www.penguinbooks.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS RAI SE gevolg deur jou naam, van en adres voor 1 April 2020 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxton-tydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrifaanbiedinge aan jou te bied.…

6
’n ware towenaar

Om Hannon dop te hou terwyl hy voor die voorbladfotograaf se lens poseer, voel ’n bietjie of jy na towerkuns kyk. Dis nie sigbaar of tasbaar nie, maar dis duidelik die Glam Guru skakel iets aan. Hier in die ateljee is hy ooglopend op sy gemak. Hy weet presies hoe om te glimlag, wanneer om ’n perfek gevormde wenkbrou te lig of sy breë skouers teen nét die regte hoek te draai. Hannon is vriendelik en professioneel op stel en met elke kameraflits verskyn die ooreenstemmende beeld op ’n rekenaarskerm – en elke liewe foto lyk sommer rééds reg vir publikasie. “Sickeningly photogenic!” bestempel die fotograaf hom spottenderwys. Dié beskrywing is in die kol. Tog erken Hannon hy is “hiperkrities” op homself. En wanneer jy met hom oor sy (steeds groeiende) sakeryk van skoonheidsprodukte gesels, blyk…

7
jong talent

Die fliek Flatland wat binnekort uitgereik word, gaan oor Natalie (Nicole Fortuin) wat haweloos is nadat haar ma gesterf het. Die klein Karoodorpie waar hulle woon, het nie veel geleenthede nie en sy trou met die polisieman Bakkies Bezuidenhout (De Klerk Oelofse), wat haar ’n beter lewe beloof. Haar huweliksnag is egter rampspoedig en loop op ’n onbeplande moord uit. Natalie vlug en gaan klop by haar hoogswanger skoolvriendin, Poppie (Izel Bezuidenhout), aan en saam kies hulle twee te perd koers oor die vlaktes. Johannesburg wink, want Poppie se kind se pa is daar en hulle glo alles sal regkom as hulle hom opspoor. Hul pad kruis egter met kaptein Beauty Cuba (Faith Baloyi) wat wil bewys dat haar voormalige verloofde nie skuldig is aan die moord wat Natalie gepleeg het en…

6
ewan doen als wat hom bang maak

Doen jouself ’n guns en google die naam “Ewan Strydom”. Mamma Mia, is al wat dié tannie kan sê. Mooi was inderdaad nog nooit lelik nie. Ek terg hom en sê ons moes liewer die onderhoud op Kampsbaai se strand gedoen het. “Ons kon, ja,” antwoord hy met ’n knipoog, “ek sou selfs my Faf-broekie aangetrek het.” Die laaste ding wat jy verwag is dat Ewan Strydom ’n plat-op-die-aarde-ou is. Hy’t immers genoeg rede om lekker windgat te wees, maar nie meneer Strydom nie, hy’s selfs vroeg vir ons afspraak. By tye spot hy met homself, praat openhartig oor hoe skugter hy as kind was en wonder steeds wat hy gedoen het om soveel seëninge te verdien. Eerste op die agenda is sy werk as radio-omroeper. “Ek is ’n nuweling in die bedryf,” sê…