女性ライフスタイル
Vrouekeur

Vrouekeur 15 May 2020

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

:
South Africa
言語:
Afrikaans
出版社:
Caxton Magazines
刊行頻度:
Interrupted
もっと読む

この号

4
covid-19: ’n nuwe era in die werksplek?

Daar het onlangs ’n uitstekende artikel op die aanlyn platform Quartz Daily Brief deur Kit Krugman verskyn. Sy neem die woorde uit my mond en ’n vertaling van haar (verkorte) artikel, “Covid-19 and the welcome collapse of professionalism”, is my brief dié week. Soos die laaste paar weke van ons nuwe gedeelde realiteit ontvou het, het angstigheid, vrees, onsekerheid – emosies wat nog altyd op individuele vlak onder die oppervlak was – deel van ons kollektiewe narratief geword. Organisasies sit nou met werknemers se gedeelde angstigheid en die meeste werkgewers beskou die bestuur van werknemers se verontrusting as hul grootste uitdaging in die koronaviruskrisis. Tot onlangs toe was die oorheersende boodskap van bestuur aan werknemers rakende emosies by die werk: Moenie dit hê nie. Ons het aanvaar dat die begrip “professioneel” kort…

7
7 de laan is 20!

Die sepie 7de Laan is so deel van die Suid-Afrikaanse landskap soos biltong, melktert en Springbokrugby. Die sepie was in April al twee dekades op die kassie. Al was dr Alexa Welman, Mariaan Welman en Marko Greyling nie van die eerste dag af inwoners van die Laan nie, is hulle vandag ’n belangrike deel daarvan. Vrouekeur het by Carina Nel, Deirdre Wolhuter en Francois Lensley gaan inloer om oor hul karakters te gesels en te hoor wat die lewe vir hulle die moeite werd maak. Hoe lank vertolk jy nou al jou 7de Laankarakter en is daar steeds dinge van die karakter wat jou verras? CARINA Ek vertolk al vier jaar die rol van Alexa by 7de Laan. In ’n sepie soos 7de Laan sal daar altyd iets wees wat jou van…

6
janie klim die musiekleer

Haar musiekvideo’s het derduisende trefslae op YouTube, waar kykers gereeld laat hoor hulle is “dolverlief” op haar stem. Janie Bay is egter nie net ’n sangeres nie, maar ook die skrywer en vervaardiger van talle van haar treffers. Sy beantwoord ’n paar vrae: Wanneer en waar het jou musiekpaadjie begin? Toe ek ’n kleuter was, het ek na afloop van my ouer broer, Theunis, se skoolkonserte op die verhoog geklim en vir die ouers en gaste perform! My ouers was ook musikante en lief vir die kunste, so ek dink dit is maar in die bloed. Ma Annette is steeds my grootste ondersteuner! As 13-jarige het ek ernstiger by verskillende geleenthede en vir kompetisies begin optree. In my later tienerjare was ek wel ’n bietjie meer rebels, maar nie op ’n slegte manier…

6
kreatief & passievol

As jy Donderdae jou dalk op ’n vlug van Kaapstad na Johannesburg bevind en ’n vriendelike vrou met ’n platinumblonde bob op die vliegtuig gewaar wat haar cooler bag as handbagasie dra, kan jy vir seker weet, dis meestersjef Renette Vosloo. Renette vlieg elke Donderdag van Kaapstad na die Goudstad om haar kosinsetsel vir Ontbytsake Vrydae in Randburg te verfilm. En ja, van haar bestanddele vir haar uitsoekdisse word al die pad van die Kaap af karwei. “Ek koop baie van die bestanddele voor die tyd op Gordonsbaai en die bestanddele wat ek nie in die Kaap kan kry nie, koop ek dan die Donderdag in Johannesburg,” vertel sy. “Maar soms moet ek krisisbeheer doen. Ek het al een keer met ’n varkfilet van die Kaap af gevlieg wat toe heeltemal af was…

8
covid-19 en die impak op werke

Hy het sy huis in die mark gesit, al sy meubels weggegee en ’n fortuin spandeer om Nieu-Seeland toe te emigreer. Toe breek die Covid 19-pandemie uit. Pieter Strydom, ’n boukontrakteur van Kempton Park, het oornag gehoor hy kan nie meer Nieu-Seeland toe vlieg nie en dat die kanse goed is dat sy nuwe werk ook waarskynlik weens die ekonomie van die baan is. Aanvanklik is hy ingelig dat hy nog kon gaan, maar twee weke in sy nuwe land in kwarantyn sou deurbring. Nou moet hy bly waar hy is. “Ek het reeds vriende begin groet. Ek moet nou my eie werk skep en van my kontrakte is deur ander kontrakteurs oorgeneem. My huis is dolleeg en ek sal weer van voor af moet begin,” vertel hy. Pieter is nie alleen nie.…

6
wie is die yolds?

Die Yolds (young old people) is ’n Japannese begrip vir die talryke Baby Boomers wat na-oorlogs gebore is en nou aftree-ouderdom bereik. Hulle is gesond met ’n langer lewensverwagting, welaf en woelig. Hulle bevraagteken tradisionele verwagtinge rondom aftrede en het ’n duidelike invloed op die ekonomie Dié generasie het beduidende politieke, ekonomiese en veral tegnologiese veranderings in hul leeftyd ervaar terwyl hulle tussentyds sosiale revolusies gevoer het. Dit is die eerste ouer groep wat ’n betekenisvolle lewe vir hul herfsjare beding. Yolds word nie deur ouderdom gedefinieer nie. Trouens, hulle besef skynbaar nie dat hulle ouer word nie en aftrede is nie eintlik ’n opsie vir dié gedrewe geslag nie. Groot getalle werk steeds voltyds en beplan om ná gedwonge aftrede ander belange na te jaag. Met ’n groot invloed op verbruikersgedrag, dienste…