탐색내 라이브러리잡지
카테고리
추천
탐색내 라이브러리
 / 뉴스 및 정치
RapportRapport

Rapport

12/8/2019

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

국가:
South Africa
언어:
Afrikaans
출판사:
Media 24 Ltd
더 읽기
구독
₩75,472
52 발행호

이번 호 내용

5
ngv: staat begin siekfondse inperk

Die Raad op Mediese Skemas (RMS) se besluit dat sekere hospitaalplanne binnekort onwettig gaan wees, sal beteken dat talle mense met mediese versekering voortaan na staatshospitale sal moet gaan omdat hul hospitaalplanne nie meer wettig gaan wees nie. Volgens die maatreëls wat Woensdag aangekondig is, sal talle hospitaalplanne oor ’n bietjie meer as ’n jaar van nou af onwettig wees. Maar omdat die regering se droom van ’n omvattende Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), wat eenvormige gesondheidsorg aan al die land se inwoners beloof, eers in 2026 in werking gaan tree, sal dié mense uitgelewer wees aan die swakste mediese sorg denkbaar. Syfers van die Vryemarkstigting dui daarop dat twee miljoen mense tans van sulke hospitaalplanne gebruik maak. Die RMS se aankondiging – wat heeltemal uit die bloute gekom het – trek ook ’n…

2
salomo se wysheid nodig oor kat se ma’s

Die appèlhof gaan dalk soos koning Salomo moet besluit watter vrou ’n sfinks-kat moet kry wat in ’n stadium glo op antidepressante was. Eros, ’n mannetjieskat met blou oë, is tien jaar oud en sy uurglas loop leeg, het die hof gehoor. Dié katte se lewensverwagting is gemiddeld tussen tien en 12 jaar. Maar twee mense-ma’s baklei al sedert 2014 in die hof oor wie die regmatige eienaar van Eros is. Regter Colleen Collis van die hooggeregshof in Pretoria het op 20 September beveel die kat moet terugbesorg word aan die oorspronklike eienaar, Alma van Zyl van Hartbeespoortdam. Maar Bernadette Willers van Polokwane, by wie die kat al sewe jaar bly, wil hom nie teruggee nie. Willers vra nou die appèlhof om te mag appelleer teen Collis se bevinding. Maar eers gaan drie regters van…

2
staat wil besluit hoe jy jou gesin gesond hou

Die grootste probleem met die ANC is nie dat die party korrup is nie; selfs nie dat die party al so met raspolitiek flankeer het nie. Die probleem is eerder die regerende party se staatgesentreerde wêreldbeskouing en sy diepe agterdog jeens die vrye mark. Tesame met mekaar verseker dié oudmodiese standpunte dat Suid-Afrika nooit vooruit sal gaan nie. Want selfs al hou die ANC eendag op met steel, is daar nog geen teken dat die party bereid sal wees om vrywillig af te sien van sy onkreukbare geloof daarin dat die staat alle hefbome van mag moet beheer nie. Hy gee slegs beheer oor iets prys as dit waaraan hy probeer klou het – soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens – eintlik reeds opgehou het met bestaan en alle waarde verloor het. Niks ontsnap…

5
dít het kriek geknak

Die bykans onmoontlike taak om boere se vrese oor onteiening sonder vergoeding by te lê terwyl hy by ’n hardkoppige ANC-regering pleit vir toegewings en begrip, het Dan Kriek tot by die rand van die afgrond gestoot. Hy moes kies: Óf hy bly aan as president van Agri SA – en brand uit – óf hy bedank en vind ’n pad na herstel. Ook sy huwelik het verbrokkel sedert Kriek in Oktober 2017 op die vooraand van die ANC se beleidsbesluit oor onteiening sonder vergoeding verkies is as Agri SA-baas. Vrydag het Kriek die pad na herstel gekies en bedank. In ’n verklaring het Agri SA gesê Kriek (50) het “ná lang en deeglike oorweging besluit om weens gesondheids- en stresverwante redes uit te tree”. Die besluit het skokgolwe gestuur deur ’n landbougemeenskap wat gery…

3
wolk hang oor sal-kaartjies

Leslie Matuson, sakereddingspraktisyn wat die SAL van ondergang moet red, sê hy kan nie vliegkaartjies van die wankelende lugdiens waarborg nie. “In dié stadium is ek in onophoudelike vergaderings om my van die toe-stand by die SAL te vergewis. Enige waarborge of versekerings wat ek oor vlugkaartjies gee, sal nie op feite gegrond wees nie. Ek gaan die hele naweek daarmee besig wees,” het hy aan Rapport gesê. Natalia Rosa, woordvoerder van die Vereniging van Suider-Afrikaanse Reisagente (Asata), sê geen reisagentskappe buiten Flight Centre het sover amptelik aangekondig dat hulle nie meer kaartjies van die SAL verkoop nie. Flight Centre het dié stap tien dae gelede gedoen. “Vliegkaartjies van die SAL is steeds vrylik beskikbaar, maar mense wat die kaartjies koop, moet baie seker maak dat hulle voldoende reisversekering uitneem wat insolvensie dek,” sê…

1
app-eienaar sê hy wis niks van vrou wat glo betas

“Ek het nog nooit eens die vrou ontmoet nie.” So sê Joggie Rautenbach, direkteur van die skoolsaamrygeleentheidsdiens LiftLink, oor Anja Smit, ’n Pretoriase vrou wat daarvan aangekla word dat sy minderjarige seuns betas het en met minstens een van hulle orale seks gehad het. Rautenbach ontken dat daar ’n vennootskap is tussen hom en Smit se maatskappy Mont6 Technologies, wat selfoon-apps ontwerp. Rapport het verlede week berig dat Gerhard Viljoen, die ontwerper van die Schoolride-app, drie maande gelede ʼn geskrewe aanmaning aan Smit gestuur het omdat Mont6 na bewering sy idee van ʼn app-gegronde saamryklub gesteel het en “onwettig” as LiftLink bemark het. Mont6 het die LiftLinkapp op sy Facebook-blad geadverteer en word op die Google Play Store gelys as die “aanbieder” van die app. Rautenbach, wat verlede week nie beskikbaar was vir kommentaar nie,…