Die redakteur sê
alle eras kom tot ’n einde. Gedurende die onlangse munisipale verkiesing, het die ANC – wat post-apartheid-politiek oorheers het – minder as 50% van Suid-Afrikaners se stemme op hom verenig. Die dood van die voormalige president FW de Klerk is ook die einde van ’n era – hoewel sy erfenis bitterlik betwis word. Vir markte lui November 2021 die einde in van ’n maklike monetêre beleid in die wêreld se grootste ekonomie, Amerika. Die feit is dat die land se sentrale bank nou begin om monetêre verruiming in te kort, wat mettertyd wegholbateprysstygings in die wêreld kan temper (oppas kripto-aanhangers). Dit lyk ook of dit die einde van ’n era van lae inflasie kan wees aangesien prysstygings wêreldwyd onversetlik hoër bly weens ’n swetterjoel bydraende faktore, insluitend beperkte verskepingsvermoë, mikroskyfietekorte…