EXPLORARMI BIBLIOTECA
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Estilo de Vida Femenina
Huisgenoot: Het jy Geweet?Huisgenoot: Het jy Geweet?

Huisgenoot: Het jy Geweet?

Huisgenoot: Het jy Geweet? 2019

Al ooit gewonder watter dier die vinnigste is, wat in ’n kameel se hobbel is, watter diertjies almal in ’n getypoel woon, hoe groot ’n volstruiseier is of hoe sneeu gevorm word? Die kans is goed dat jou kinders jou al daaroor uitgevra het . . . Die tweede uitgawe van Het Jy Geweet?, Huisgenoot se tydskrif vir kinders wat nuuskierig oor ons wêreld is, is nou te koop. Dit bevat 46 kleurryke illustrasies van allerhande interessanthede soos diere, dinosourusse, hoe dinge werk, hoe produkte gemaak word en nog vele meer. Daar is ook ’n wonderlike afdeling met aanwysings vir hoe om self gemmerbier, kaas, slym en ’n wurmplaas te maak. Jou kinders sal hulle aan elke liewe bladsy in hierdie tydskrif vergaap!

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
Media 24 Ltd
Leer Máskeyboard_arrow_down

EN ESTE NÚMERO

access_time2 min.
van die redakteur

HET JY GEWEET? DIS al Huisgenoot se derde uitgawe van Het Jy Geweet? en met elke tydskrif besef ek opnuut hoe min ons eintlik oor die fassinerende wêreld om ons weet en hoe lekker dit is om iets nuuts te leer. En die heerlikheid daarvan om nuuskierige kinders te hê, is dat ons saam met hulle slimmer word wanneer ons hul baie vrae oor die wêreld probeer beantwoord. My sewejarige dogtertjie is tans behep met diere. Ons kyk dus gereeld programme oor allerhande gediertes of lees boeke daaroor, en so word die hele gesin amper terloops allerhande interessante feite wys. Ek weet my dogtertjie gaan versot wees op die nuutste uitgawe van Het Jy Geweet?, want dit bevat ’n groot afdeling oor diere. Dit sluit in Groot Diere (wat op bl. 6 begin)…

access_time1 min.
huisgenoot: het jy geweet?

REDAKSIE Redakteur: Huisgenoot Yvonne Beyers Hoof: Handelsmerk-uitbreidings en kreatiewe hoof Mari van der Berg Redakteur: Het Jy Geweet? Natalie Cavernelis Eindredakteur Joan van Zyl Teksredakteurs Marthie Hand, Robyn Leary Ontwerpers Lynn Reid, Mari van der Berg, Clint Visser Infografika, Kobus Galloway, Michael de Lucchi, Anton Vermeulen Fotonavorser Martinique Clayton Sindikasie Kim Snyders Produksiebestuurders Jacques du Plooy (hoof), Kurt Ohlson Reproduksie Jéan Koegelenberg Kantoorbestuurder Vanessa Holies MEDIA24 LEEFSTYL Hoof: Weeklikse Tydskrifte Minette Ferreira Publikasiebestuurder Edwina Lyners Kategoriebestuurder Armand Kasselman Handelsbestuurder Bea van der Vyver 011-217-3049 Advertensies Wendy Clegg 083-228-9025, cleggy@mweb.co.za Advertensiekoördineerder Christine Smith Bestellings JohanTerblanche 021-406-4962, johan.terblanche@media24.com Uitvoerende hoof: Media24 Ishmet Davidson Uitvoerende hoof: Gedrukte media Rika Swart Hoofbestuurder: Leefstyl Minette Ferreira Finansiële hoof: Leefstyl Jameelah Conway Hoofbestuurder: Advertensieverkope David Hay…

access_time1 min.
hulp met huiswerk

klaskamer.huisgenoot.com Kry temas in ’n verskeidenheid leerareas, soos: fisiese wetenskappe natuurwetenskappe sosiale wetenskappe tegnologie rekeningkunde wiskunde wiskundige geletterdheid besigheidstudies kuns en kultuur lewensoriëntering NET R10 OF R15 PER ARTIKEL! KOOP DIT SO KIES JOU ARTIKELS Gaan na klaskamer.huisgenoot.com en tik die onderwerpe in waaroor jou kind inligting nodig het. Jy kan eers kyk hoe die artikels lyk. Plaas die aankope in jou mandjie. Elke artikel kos tussen R10 en R15. Beweeg na die betaalpunt. VEILIGE EN BETROUBARE BETAALPROSES Kies of jy met ’n kredietkaart of elektroniese oorplasing (EFT) gaan betaal. As die kredietkaarttransaksie afgehandel is, sal jy die inligting onmiddellik kan aflaai. Jy sal ’n e-pos ontvang met skakels waar jy dit kan aflaai. As jy ’n elektroniese oorplasing doen, sal jy eers jou aankope ontvang wanneer die betaling in ons rekening wys. Jy sal…

access_time4 min.
olifante

HOEWEL alle olifante dalk vir jou dieselfde lyk, word hulle in twee hoofgroepe verdeel: Afrika- en Asiatiese olifante. Die Afrikaolifant is groter as die Asiatiese olifant en het groter ore en meer hare op sy lyf. Olifante word dikwels as aggressiewe diere beskou, maar hulle is eintlik sagmoedige reuse en baie emosionele wesens. Dis die enigste dier wat rou oor die dood en hy trompetter wanneer hy huil of ontsteld is. Die Afrika-olifant is die grootste soogdier op land en kan tot sowat 70 jaar oud word, amper so oud soos die gemiddelde mens. WAAR KOM HULLE VOOR? Daar is twee soorte Afrika-olifant. Die Afrikabosolifant kom op die grasvlaktes van Afrika suid van die Sahara voor. Hulle is heelwat groter as die Afrika-woudolifante, wat in die sentrale en westelike dele van Afrika…

access_time4 min.
leeus

LEEUS is die naasgrootste lede van die katfamilie; net tiers is groter. Tog word die leeu in fabels en legendes dikwels koning van die oerwoud genoem. Byna alle leeus kom in die gebied suid van die Sahara voor, maar daar is ook ’n klein bevolking in ’n beboste gebied in Asië. Die Asiatiese leeu is kleiner as die Afrika-leeu. Ons kyk hier na die bou en lewe van die Afrika-leeu. WAAR IN AFRIKA KOM HULLE VOOR? Afrika-leeus word aangetref in Suid-Afrika, Angola, Botswana, Mosambiek, Tanzanië, Suid-Soedan en ander dele van Sentraal-Afrika suid van die Sahara-woestyn. HOE GROOT IS DIÉ KATTE? Leeus weeg gewoonlik tussen 120 en 190 kg en is van kop tot stert sowat 3 m lank. Die wyfies is effens kleiner en word 2,1 m lank. DIE WELPIES Jong leeutjies word welpies genoem. Hulle…

access_time4 min.
kameelperde

KAMEELPERDE bestee meer as die helfte van hul dag aan eet – wat nie verrassend is nie as ’n mens in ag neem dat hulle nie net een nie, maar vier kamers in hul maag moet vol kry. Dié pragtige diere moet ver en wyd oor die grasvelde van Afrika swerf om genoeg kos op te spoor om hul groot lyf te voed. Ons kyk na die langste soogdier ter wêreld en sy fassinerende eetgewoontes. WAT EET HULLE? Kameelperde is herbivore, wat beteken hulle eet net plante. Omdat hul nek so lank is, eet dié soogdiere hoofsaaklik blare en botsels in hoë bome – en akasiablare is ’n gunsteling. ’n Kameelperd eet gemiddeld sowat 30 kg kos per dag. Omdat hulle so baie eet, moet hulle gewoonlik ver stap om kos te…

help