EXPLORARMI BIBLIOTECA
Famosos y Cotilleo
Huisgenoot

Huisgenoot

5-Nov-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
Media 24 Ltd
Periodicidad:
Weekly
Leer Más
SUSCRIBIRSE
USD 59.81
51 Números

en este número

5 min.
liewe elize

ENKELMA SIEN UIT NA LEË NES V My kind skryf vanjaar matriek. Ek is lank reeds sonder ’n verhouding en het nou weer besef hoe eensaam ek nou al jare lank is. Ek is nooit met my kind se pa getroud nie, want ek het besef hy is nie die trousoort nie. Hy’s oorlede, maar sy familie is betrokke by ons. Ek was onlangs siek, maar herstel nou ná goeie behandeling. My kind weet nog nie wat hy wil doen nie. Ek is bang hy word een van daai kinders wat vir ewig by sy ouers woon. L op M A Baie geluk! Net om met ’n kind in matriek deur die inperking te kom is reeds ’n prestasie. Boonop het jy ’n siekte oorwin. Jy het reeds talle uitdagings die hoof…

2 min.
op ons speellys

IN DIE OOMBLIK FRIKKIE VAN BILJON Dis die agste enkelsnit van dié sanger van Centurion met die liriese tenoorstem. Die ligte poprockliedjie is ’n ode aan al daardie oomblikke wat ’n mens se lewe kan verander. Die boodskap is dat al die oomblikke wat ons ervaar die somtotaal van ons menswees is. In die koorgedeelte sing hy: Dit vertel al die stories wat jy moet agterlaat. WEGLOOP KARLIEN VAN JAARSVELD ’n Gestroopte liefdesballade met woorde wat getuig van iemand se liefde vir daardie perfekte lewensmaat en sielsgenoot, waar daardie persoon jou toelaat om net jouself te wees sonder enige voorwaardes. Wanneer jy so iemand vind, hoekom sal jy wil wegloop, vra die blondekopsangeres in dié enkelsnit. NOT ANOTHER LOVE SONG ELLA MAI Dis die Grammy-bekroonde sangeres se eerste nuwe liedjie in twee jaar, en dit…

6 min.
die verkiesing in die vsa

OP 3 November vanjaar word die Amerikaanse presidentsverkiesing gehou. Pres. Donald Trump is weer die Republikeinse Party se kandidaat en hy kom teen Joe Biden van die Demokratiese Party te staan. Hoe werk die tydlyn van dié verkiesing? So verloop die verkiesing gewoonlik Die datum van die presidentsverkiesing word deur die Amerikaanse grondwet bepaal as die eerste Dinsdag ná 1 November. Dit is die dag waarop baie mense by stembusse gaan stem: Dit beteken hulle staan in ’n ry, maak ’n kruisie op hul stembrief langs die naam van die kandidaat vir wie hulle stem en gooi dit in ’n stembus. Voor die verkiesing Mense kan ook vroeg stem, met ander woorde voor die amptelike stemdag. Elke staat het sy eie reëls hieroor en oor of hulle dit toelaat. In party state begin die vroeë stemmery…

5 min.
seun (12) ontdek dinosourusfossiel

’N 12-jarige seun het ’n opwindende ontdekking gemaak toe hy en sy pa in Alberta, Kanada, gaan stap het. Nathan Hrushkin en sy pa, Dion, het al verlede jaar klein stukkies van fossiele raakgesien, en Dion het geraai dat dit van ’n rots bo hulle afgeval het. Vanjaar het Nathan besluit om nadere ondersoek in te stel – en toe sien hy beenfossiele by die kant van ’n heuwel uitsteek. Hulle het die Royal Tyrrell-museum in Alberta laat weet en foto’s van hul ontdekking gestuur saam met die ligging. ’n Groep kenners van die museum het daarheen gegaan en later met uitgrawings begin. Hulle het tot dusver tussen 30 en 50 bene in die rotsmuur ontdek wat almal aan een dinosourus behoort – ’n hadrosourus wat sowat 69 miljoen jaar oud is. Hadrosourusse…

1 min.
kinderspeletjies

Pas die kos Pas elke kossoort by dít waarin dit omskep word. Pas die skaduwee Soek die hond wat by die skaduwee onder pas. Groentewoordraaisel Die woorde in die lysie onder is in die rooster versteek. Soek en omkring dit. wortel tamatie mielies radys pampoen eiervrug aartappels komkommer kool brandrissie Kol tot kol Kleur die prentjie in nadat jy die kolle verbind het. Suikertandlekkerte Tel al die soetgoed wat jy hier onder sien. Soek 7 verskille Sokkerdoolhof Help die renoster om by die doelpaal uit te kom. Tel die honde Tel die honde en omkring die regte getal. Goed of sleg vir tande? Knip die prentjies regs uit (vra eers toestemming) en plak dit in die regte vierkante onder. ANTWOORDE Pas die kos 1 - D, 2 - E, 3 - A, 4 - C, 5 - B. Pas die skaduwee 6. Suikertandlekkerte 24. Tel die honde 1, 4, 6, 10. Goed of sleg vir tande? Sleg: lekkers,…

12 min.
‘red die aarde – nóú!’

DAVOS, Januarie 2019. Dis nie sir David Attenborough se natuurlike habitat nie, maar hier staan hy op 93 jaar gecollar en getie en spreek ’n vertrek vol finansiers, uitvoerende hoofde en wêreldleiers toe. Hy wys vir hulle filmgrepe van die gevolge wat ons optrede vir die natuur het: ’n Orangoetang wat aan die enigste tak klou van die enkele boom wat oor is in ’n eens groen reënwoud; afgryslike beeldmateriaal van reusewalrusse wat van kranse tuimel en geen rusplek kan vind nie omdat smeltende seeys honderde van hulle op een strandjie ingedwing het. Die gehoor is merkbaar ontroer. In die voorste ry is Christine Lagarde, toe nog hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, in trane. David verduidelik op die verhoog in sy afgemete, kalmerende stem hoe dit gebeur het, hoe ons eintlik…