KOS
ONE POT
LOUISA HOLST (H&R, R385)
Die bekroonde kosskrywer Louisa Holst is terug met nog 'n wonderlike konsep: 'n versameling eenvoudige maar heerlike geregte wat jy in net een pot of pan op die stoofplaat gaarmaak. In One Pot tower Louisa voedsame weeksaandwenners propvol geur op wat jy in minder as 'n uur op die tafel kan hê. Jy spaar tyd, moeite en geld, met die bonus dat daar minder skottelgoed is. Die boek is vir enigeen wat op soek is na vinnige en maklike gesinsetes waarvoor bekostigbare, plaaslike bestanddele gebruik word. Dis ideaal vir besige mense, gesinne en jong volwassenes, vir weeksdae sowel as kampeeruitstappies, en dit sluit alles in van sop, roerbraai-, pasta- en rysgeregte, grootmaatkook en soetgoed met kookwenke op die koop toe.
TIETIE EN NANNA…