GESIG
Mocha mousse se diep, aardse bruin vul álle velskakerings aan. Dit is dus ideaal vir dimensie skep by die wange, kaak en slape met ‘n warm, subtiele afronding. Wend room of poeier ’n paar skakerings donkerder as jou natuurlike velkleur aan jou wangeholtes, kaak en slape, en skakeer dit vir ’n sagte, sun-kissed effek. En sit extra glow by met ’n tikkie bronzer of highlighter aan jou wangbene en neusbrug.
PROBEER DÍT
OË
Mocha-skakerings bring diepte en warmte na jou oë. Dit skep ’n sagte, verleidelike voorkoms wat in die kol is vir die dag óf aand. Meng dit met warm, neutrale kleure vir ’n moeitelose voorkoms, of met metaal- of goue skakerings vir ’n sterk stelling.
PROBEER DÍT
WANGE
Of jy ’n poeier-blusher, room of multipurpose-stokkie gebruik, dié…