As dit U wil is, en as U daardeur verheerlik sal word, en as dit nie my selfsugtigheid sal voed nie of my van U vervreem nie, bid ek, Here, help asseblief dat die onderhoud goed afloop. Maar net as dit U naam groot maak… “Ag tog, ek het my CV vergeet. Ek sal moet omdraai.”
Oeps, jammer, Here. Waar was ek nou weer…
Dit is my gemiddelde gebed. Dis asof ek ’n sewejarige is wat nog net drie swemlesse gehad het: Ek verdrink nie, ek het ge› noeg selfvertroue om soos ’n hondjie water te trap, maar dis nie baie grasieus nie. Party dae wens ek ek kan ook soos die ander kinders diep onder die water induik, maar my aandag word vinnig afgetrek deur iets buite die swembad…
