Kry nóú jou kaartjie vir ’n fees van smaaklike kos, lieflike celebs, lewende V&A-sessies met kenners, wenke & truuks vir dekor en selfdoen uit die binnekring, en die kans vir lekker gesels met die spanne agter jou gunstelingtydskrifte. En – natuurlik – heerlike vonkelwyn en wyn van Graham Beck!
Kry jou kreatiwiteit aan die gang met Suid-Afrika se voorste vrouetydskrifte! Ons gaan vir drie dae by die Gallagher-landgoed wees – drie dae propvol opwindende inspirasie vir vroue, meesterklasse in als, van banting tot bouwerk (met baie bakkery tussendeur!), skreeusnaakse celebs, opskiet-inkopies, die kans om regtig fantastiese pryse te wen en, in pas met een van nóú se grootste internasionale trends, ons eie ongelooflike kostrokke.
DÍS ALS OP ONS KOS + DEKOR SE MEGA-VERHOË
Jou kaartjie gee jou volle toegang tot…