Op hulle plaas naby Marquard, digby die grondpad wat lei na Excelsior, woon Sanet van Rensburg (43) en haar man, Gordon (51), met hulle spannetjie seuns: Markus (18), Ian (16), Sebastian (10) en Simon (9). Daar, met ’n stukkie Korannaberg wat op ’n mooi dag sy gesig deur haar kombuis wys, het Sanet se storie begin.
“As ek soms na die belowende donker wolke kyk wat reën bring, doer van Spidersnek se kant af, wonder ek hoe ek dit tot hier gemaak het.
“Ek sou regtig ’n fantastiese dogtertjie-mamma gewees het, maar dit was nie God se plan vir ons nie, en daarmee het ek vrede gemaak.
“Toe ek met ons derde seuntjie swanger was, het ek met God begin onderhandel. Sommige mense sal dalk dink dis arrogant, maar as…
