Hoe goed het ons voorsate geëet, veral in tye van oorlog en ontwrigting? As jy ooit hieroor gewonder het, verskaf hierdie nuwe kookboek smaaklike antwoorde. Hartskombuis, ’n hersiene weergawe van ’n boek wat in 1994 verskyn het, is saamgestel deur die vroue van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein, en daar is niks stowwerigs of verouderd daaraan nie.
Dié kleurryke, aantreklike versamelstuk is propvol foto’s van die oorlog en pragtige gestileerde kosfoto’s by meer as 100 tydlose resepte uit boerekombuise (én die veld), soos tarentaal in rooiwyn, boereworspastei, tamatiebredie, pampoenkoekies en ’n magdom nageregte; patriotpoeding, gebakte ryspoeding, melkkos, lemoenpoeding en souskluitjies met kaneelsous.
Elke resep bied ’n kykie in hoe mense meer as ’n eeu gelede geleef en onthaal het. Onder groente is daar lemoenpatats, gebakte boerpampoen, stampkoring, geelrys…