1 Donderdag
NUWE SEISOEN
Dankie vir nuwe seisoene, Here. Die winter sal wyk en die lente vir seker aanbreek. Ook in my lewe is ’n mooi, nuwe seisoen op pad. Amen.
2 Vrydag
NUWE LEWE
Dankie vir nuwe seisoene, Here: bome bot, voëltjies flits rond, die goggatjies skarrel. Ek voel U nuwe lewe ook in my hart. Amen.
3 Saterdag
NUWE MOOI
Dankie vir nuwe seisoene, Here. Ek sien die bloeisels, ek beleef nuwe geure en sange, ek voel die warmer son. U is in al die mooi! Amen.
4 Sondag
NUWE GELOOF
Dankie vir nuwe seisoene, Here. Ek wil my verhouding met U bevestig. Lei my ook in ’n nuwe seisoen van geloof, gebed, liefde en diens. Amen.
5 Maandag
NUWE HOOP
Dankie vir nuwe seisoene, Here. Dit gee…