Die Romeinse filosoof Marcus Tullius Cicero het gesê: “Dankbaarheid is nie net die grootste van alle deugde nie, maar ook die moeder van almal.” Om dankie te sê is inderdaad een van die eerste woorde wat ons as klein kindertjies leer, maar as volwassenes verval ons alte maklik in ’n gewoonte van kla en selfvoldaanheid oor ons besittings en prestasies, terwyl wat ons het net genade is…
Verstommend genoeg is dit dikwels dié wat die minste het wat die graagste hul dankbaarheid wys. Wanneer daardie vriendin wat onlangs haar kind aan die dood moes afstaan, die Here uitbundig loof vir al die seënings wat sy steeds het, kan mens maar net jou kop in skaamte laat sak. Want hoeveel keer dink jy nie eens aan al die dinge – groot…