1 Sondag
2017 VIR U
Vader, ek dra hierdie nuwe jaar aan U op. Word dié jaar meer in my lewe, word die middelpunt, word die alles! Amen.
2 Maandag
ELKE BOS
Teenwoordige God, ek weet dat die jaar gepak is met U, dat elke bos met U brand, maar maak my oë daarvoor oop. Amen.
3 Dinsdag
U IS DAAR
Teenwoordige God, ek wil in al my belewinge ook vir U beleef: in my lag, my huil, my hoop, my vrees. U is daar! Amen.
4 Woensdag
U IS OM MY
Teenwoordige God, ek wil U oral soek in my lewe. Ek wil U vind in my werk, my gesprekke, my mense, want U is daar. Amen.
5 Donderdag
NET GEWOON
Teenwoordige God, help my om my gewone, alledaagse…