ALMAL SE PÊL
As daar één wyn is waarvan almal sal hou, is dit Robertson Winery se Light Sauvignon Blanc. Die spesiale blomverpakking vier 80 jaar van goeie wyn. Nie alleen is dit bekostigbaar nie, maar sy groot geure van grenadella, groen appel en varsgesnyde gras sal jou ook dadelik in die stemming bring vir lank kuier. Dit werk veral goed saam met seekos, slaai, geroosterde hoender en enigiets wat jy oor die kole braai. R60 vir 750 ml, robertsonwinery.co.za
BOEPENSBOTTEL
Kenmerkend van Robertson Winery is hierdie soet witwyn, geskik vir enige tafel of okkasie. Die RW Natural Sweet-reeks wyne word gemaak deur die vermenging van verskeie variëteite om die perfekte balans tussen geur, suiker en suur te verseker. Die bonus is die lae alkoholinhoud van net 7,5%. R55 vir…