Colleen Heydenrych Wessels
Siende dat beurtkrag deel van ons lewe is, help dit baie – die opwekking van krag kos duur. So my twee lugbraaiers maak die kos sommer tjop-tjop gaar, so tussen die Eskomskedules deur. Werklik ’n lewensredder in my huis.
Marie Dumas Jennings
Dis ’n wonderding gedurende beurtkrag. Ek kry ’n uur voor beurtkrag ’n reminder – kyk, dan spring ek vinnig weg. Bak gou pasteie en tjips, tjops, varkrepe, gekrummelde hoender, hoenderstukke, patties, broodjies…
Lynne Naudé
Perfek vir net twee of drie mense in die huis. Ek is lief vir kosmaak. Ek bak brood en leftover vrugtekoekdeeg; die beste, vinnigste gebakte aartappels, met of sonder skil. Oondjie werk seker elke tweede dag. Dit gebruik min elektrisiteit omdat gebruik kort is.
Marlene Beyers
Hoe het ons ooit daarsonder…
