LEES MEER OOR
Eiervla en bakkersvla: die verskil . . . en ook gebakte vla 6 resepte KEN JOU VLA
Crème anglaise (of eiervla) is ’n ligte, vloeibare vlasous, terwyl crème pâtissière (bakkersvla) ’n dikker vulsel is omdat dit meel of mielieblom as verdikkingsmiddel gebruik, wat dit ferm genoeg maak vir tertvulsels, éclairs en roompoffertjies. Crème anglaise, wat saam met nageregte bedien word, word oor lae hitte gaargemaak en nooit tot kookpunt gebring nie. Crème pâtissière, daarenteen, word gekook om die stysel gaar te maak – wat dit ’n romerige tekstuur gee en die vla help stol.
Crème anglaise of eiervla
TEKSTUUR: Dun, syagtige vloeibare sous
BELANGRIKE BESTANDDELE: Melk of room, suiker, eiergele, vanielje
VERDIKKINGSMIDDEL: Net eiergele
KOOK: Lae hitte, voortdurend geroer, nooit gekook nie (om te keer dat dit…
