Nou die dag gesels ek met André Schwartz oor die musiekblyspel Cats wat oor die feesseisoen in Suid-Afrika te sien sal wees. Van die stuk weet ek min, dis ’n opvoering wat ek nog nooit gesien het nie. My man het wel, en jare gelede vir my ’n T-hemp uit Londen saamgebring – in die kol vir ’n katliefhebber. Elegant swart met geelgroen katoë voorop, oë wat in die donker geheimsinnig gloei.
Wat ek, en seker die hele wêreld, tog weet, is dat die ikoniese lied “Memory” uit Andrew Lloyd Webber se Cats kom. Veral soos Elaine Paige, die doyenne van musiekteater, dit oorspronklik gesing het in die rol van die kat Grizabella. Dit het ’n wêreldtreffer geword, en die ballade sal vir ewig dame Elaine se stempel dra.
Memory,…
