Wanneer kan ek roei? Danksy hidro-elektriese kragopwekking by die Vanderkloofdam word water elke dag in dié deel van die rivier vrygelaat wat beteken die rivier vloei altyd goed. Dit raak warm in die somermaande (tussen September en Maart) en die winters, veral die aande, kan koud raak. Adventure Kayaking bied deurlopend toere, van een tot vier dae lank. Ook op Vanderkloofdam. Doen navraag oor datums.
Wat pak ek in? Peusel- en drinkgoed (onthou, geen glas word op die rivier toegelaat nie). Ou tekkies of waterskoene. ’n Ligte reënbaadjie, swembroek, kamera, verkyker, kopflits, handdoek, sonroom, sonhoed en donkerbril. Die son is giftig, dra dus lang moue en ’n ligte, lang roeibroek. Gemaklike klere en skoene wat jy saans kan dra. Slaapsakke in die winter (in die somer is dit nie nodig…
