MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 ‘EK IS BLY EK HET NOOIT OPGEGEE NIE’ Zinhle Jiane vier haar matrieksertifikaat nadat sy 16 km per dag skool toe en terug moes stap. Sy is die eerste in haar familie wat matriek slaag Welgedaan Zinhle! Ek het sommer baie respek vir jou. En ek is so bly dat al jou harde werk toe beloon is, dis net wat jy verdien. Mag dit net baie goed gaan met jou in die toekoms en die loopbaan wat jy gaan aanpak. HESTER Wow, baie geluk. Dit wys net weer op die waarheid van die ou gesegde: Aanhouer wen. So trots op jou. Mag jy nog vele hoogtes in jou lewe bereik, en mag jou getuienis ander aanspoor om ook bo hul omstandighede uit te styg. MALINDA Jy is ’n engelkind en ek salueer jou met die…