ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Reizen & Outdoor
Landbou VeeLandbou Vee

Landbou Vee

2017

Veeboere is vol hoop vir ’n beter somer ná die erge droogte van 2015-’16. In Landbou Vee 2016 gee kenners raad oor hoe boere hul kuddes weer kan opbou en hoe om weiveld te laat herstel. Kyk uit vir artikels oor boere wat uitgeblink het, die jongste tegnologie vir die veebedryf, ’n hele paar handige boereplanne en watter neigings die toekoms van die rooivleisbedrywe kan bepaal.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezenkeyboard_arrow_down
EDITIE KOPEN
€ 3,22

IN DEZE EDITIE

access_time1 min.
veegroete

Vir baie kulture was ’n sirkel nog altyd die simbool van goddelikheid en ewigheid – van Amerikaanse Indiane tot antieke Keltiese stamme en Chinese Konfusianisme. En ook vir ’n kwaai, Duitse tannie in die Noordoos- Kaap wat in haar amptelike hoedanigheid as my ma altyd geïrriteerd sou mompel van “die sirkel wat nie voltooi is nie” Dit is nou as sy plaasgereedskap gekry het wat nie weggepak is nie of wanneer my pa weer haar gunsteling-vleismes sonder haar toestemming uit die kombuis geneem het en dit onder die groot ou bloekomboom vergeet het waar hulle ’n skaap keel afgesny het. Om só “nooit die sirkel te voltooi nie”, het uit ’n praktiese, Duitse perspektief meestal gegaan oor om ’n taak nie bevredigend af te handel nie; om ’n ding nie ordentlik en…

access_time1 min.
medewerkers

DR. MICHAEL BRADFIELD (bl. 10) Dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan SA, lewer gereeld rubrieke in Landbouweekblad. Hy reël ook die Veeskool by Aldam. DR. PHILIP THEUNISSEN (bl. 44) Dr. Philip Theunissen het ’n rekenmeesterspraktyk op Bethlehem en spesialiseer in die finansiële rekordhouding van boerderye. Hy skryf gereeld vir LBW. MNR. GERRIT VAN ZYL (bl. 46 & bl. 74) Mnr. Gerrit van Zyl is die eienaar van die Hanzyl-Bonsmarastoetery buite Dewetsdorp wat al verskeie pryse gewen het. Hy is ’n gereelde rubriekskrywer vir LBW. MNR. HENDRIK VAN PLETZEN (bl. 60) Mnr. Hendrik van Pletzen is ’n bekende veekundige en tegniese bestuurder van Voermol Voere. DR. SEWELLYN DAVEY (bl. 66) Dr. Sewellyn Davey is ’n staatsveearts van Malmesbury. Sy is ook die voorsitter van die brucellose- werkkomitee van die Nasionale Dieregesondheidsforum. DR. WILLIE HARRIS (bl. 68) Dr. Willie Harris is ’n private veearts op Upington en werk veral…

access_time1 min.
syfers

40% meer Die Esterhuizen-familieboerdery van die plaas Elandsfonteinby Britstown se plaashekprys vir skaapvleis is 40% hoër sedert hulle na organiese boerdery oorgeskakel het. BL. 12 2 ha/GVE Deur die toepassing van ultrahoëdrukbeweiding kon mnr. Gideon Oosthuizen van Ventersdorp sy plaas se drakrag tot 2 ha per grootvee-eenhede (GVE) verhoog. Die gebied se tradisionele drakragnorm is sowat 6 ha/GVE. BL. 48 62% Dít is die uitslagpersentasie wat ’n Chianinakoei van mnr. Christiaan de Jager van Badplaas vroeër vanjaar in ’n bloktoets behaal het. Die karkas het 814 kg geweeg. Die Chianina is die grootste bees ter wêreld. BL. 36 2 jaar In die halfdroë grasveldgebiede van Suid- Afrika moet weiveld wat gebrand het, minstens twee groeitye lank rus voor dit weer bewei word, sê prof. Hennie Snyman van die Universiteit van die Vrystaat en dr. Mias van der…

access_time9 min.
bonsmaras haal eerste plek met genomika

Die Bonsmara het die eerste vleisbeesras in Afrika geword waarvoor genomiese seleksie ’n werklikheid is. Die eerste genomies verrykte teelwaardes vir dié ras is sedert 1 Julie beskikbaar, het die Bonsmara-beestelersgenootskap en SA Stamboek in ’n verklaring aangekondig. Diere waarvoor genotipes in BLUP-ontledings ingesluit word, sal voortaan met ’n nuwe logo, GenoTyped, gemerk word. Genomies verrykte teelwaardes vir Drakensbergers en Beefmasters behoort ook binne die volgende jaar beskikbaar gestel te word, sê dr. Bobbie van der Westhuizen, genetikus van SA Stamboek. Hy sê die Bonsmara-beestelersgenootskap het al in 2012 die voortou op die gebied van genomika geneem toe op ’n algemene jaarvergadering besluit is om in genomiese seleksie te belê. Aanvanklik het die genootskap en telers self betaal om genomiese profiele van invloedryke teeldiere te kry en ’n verwysingskudde met die hulp van Stamboekveekundiges…

access_time6 min.
nuwe rigting vir sa rooivleis

KORTOM ▪ Samewerking in die rooivleisbedryf is nou nodig om die hele waardeketting te bevoordeel. ▪ Belangrike lesse is by Australië te leer. Sy rooivleisbedryf het daarin geslaag om verbruikers se vertroue terug te wen en meer vir sy produkte te verdien. ▪ Beter siektebekamping en ’n naspeurbaarheidstelsel is nodig om winsgewende uitvoermarkte te ontgin. Die toekoms van die Suid- Afrikaanse rooivleisbedryf is vroeër vanjaar deur meer as 100 deelnemers, wat die hele rooivleiswaardeketting verteenwoordig, in ’n werksessie bespreek en oordink. Dié werksessie, wat die steun van mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, geniet het, is by die hoofkantoor van die Landbounavorsingsraad (LNR) in Hatfield, Pretoria, gehou en is gekoordineer deur mnr. Chris Klopper van Syntagm Research. In sy openingsrede het Senzeni sy steun vir die werksessie herbevestig en ook sy steun…

access_time11 min.
karoobossies sorg vir premieprodukte

PLAASINLIGTING LIGGING: Britstown, Noord-Kaap NAAM: Elandsfontein VELDTIPE: Karoo-bossieveld DRAKRAG: 4 ha/KVE VERTAKKINGS: Skape, beeste, wild, lusern REËNVAL: Gemiddeld 250 mm in die somer KORTOM ▪ ’n Familieboerdery van Britstown is die eerste skaapplaas in Suid-Afrika wat volgens internasionale standaarde as organies gesertifiseer ▪ Hul plaashekprys vir skaapvleis is vandag 40% meer as wat hulle normaalweg sou gekry het. ▪ Hul mikpunt is uitvoer, maar hulle is oortuig dat daar ook ’n belowende plaaslike nismark is. Eers was daar verlede jaar uiteindelik eksklusiewe naamregte vir Karoolam op die uitvoermark. Nou is daar ook internasionaal organies-gesertifiseerde Karoo- skaapvleis, danksy die Esterhuizenfamilieboerdery van die plaas Elandsfontein by Britstown. Dié Merino-plaas, waar die Esterhuizens al drie geslagte lank boer, het vroër vanjaar die eerste Suid-Afrikaanse skaapboerdery geword om volgens gerespekteerde internasionale standaarde deur die agentskap Ecocert as organies gesertifiseer te word. Dit volg kort op die hakke…

help