ONTDEKKENBIBLIOTHEEKTIJDSCHRIFTEN
CATEGORIEËN
FEATURED
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Reizen & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad

2/28/2020

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,48(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 55,40(Incl. btw)
50 Edities

In deze editie

1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira, Aletta Pretorius-Thiart Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 Willem van der Berg OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 Webredakteur Alani Janeke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis Michelle van der Spuy 0214062196 Advertensies Duan…

3 min.
dié week in die landbou

HEMELBESEMS Dié reusemielieplante is by mnr. Hannes de Beer op die plaas Broodsnydersplaas in die distrik Middelburg, Mpumalanga, afgeneem. Mnre. Arno van Staden (links) en Wickus Fourie van Silostrat is albei 1,85 m lank. Dr. Werner Rossouw, handelaar en direkteur van Silostrat, sê die potensiaal van die gewasse op die lande is baie goed. “Ons het goeie reën gehad die afgelope tyd, en tans lyk dit goed in die mielieproduksiestreke van Suid-Afrika. ’n Mens kan egter nog nie sê die oes is deur nie. Ons sal teen einde Februarie en middel Maart weer goeie neerslae moet kry om die oespotensiaal te verwesenlik. As die reën val, is die kans daar om 2017 se gemiddelde opbrengs van 6,4 ton/ha te haal.” MINDER AANVALLE TLU SA hoop dat die geringe afname in plaasaanvalle en die…

1 min.
syfers

5 jaar Die vervaardigingsektor se produksievlakke het in Desember 2019 die grootste daling in vyf jaar getoon, teen 5,9% op ’n jaargrondslag, ná ’n daling van 3,2% in November 2019. Die finansiële ontleder Bloomberg het ’n daling van 3,9% voorspel. Dit was die swakste maand vir die vervaardigingsektor sedert Julie 2014. Die grootste bydrae daartoe was deur die motorbedryf, waar vervaardiging met 24,9% gedaal het, gevolg deur die petroleum-, chemiese, rubber- en plastieksektor met 5,9%. – Business Day 29,1% Suid-Afrika se amptelike werkloosheidskoers in die laaste kwartaal van 2019 was onveranderd teen 29,1%. Die aantal werkendes het met 5 000 gestyg tot 16,4 miljoen en die aantal werkloses het met 8 000 gedaal tot 6,7 miljoen, wat ’n toename van 38 000 in die werksmag aandui. Werkskepping het in die formele sektor met…

1 min.
in ’n blik

LANGASEMS. Elzette Welleman, Schanka Pimblett en Jhinelle Nieuwenhuizen op ’n stewige draffie tydens die perde-uithourit wat die Simonstad-klub en die Weskus- militêre perdesentrum vroeër vandeesmaand by Saldanha aangebied het. Sowat 50 perde het op 20 km-, 40 km- en 80 km-roetes meegeding. Die liggewig-, standaardgewig- en swaargewigwenners was onderskeidelik Mariska Burger (Weskus-klub) op Wadrif Achmed, Julia de Kock (Tuinroete-klub) op Wadrif Kasalo en Koos de Villiers (Simonstad-klub) op Tucuman. Shade Ellis (Wes-Kaap-klub) en haar perd Atilla het die spesiale Voerdokter-prys ontvang. Perd én ruiter het die afgelope drie jaar beenbreuke opgedoen en ná ’n lang herstelproses ’n taai 80 km-roete met gemak afgelê. Hou Landbou.com dop vir nog uitslae.…

1 min.
die ander sê

DIE eiendomsmark en ekonomiese groei in die algemeen sal ernstig geraak word deur die onteiening van grond, hetsy sonder vergoeding, onder markwaarde of buite die reg, die Grondwet en die howe. Só waarsku mnr. Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid Afrika. Vroeë regsmenings dui daarop dat leners steeds aanspreeklik sal wees vir die volle skuld op ’n eiendom, selfs as die bate sonder vergoeding onteien is. Dit is omdat kliënte leningsooreenkomste aangaan met banke waarvoor die sekerheid verbande op die eiendom is. Dié ooreenkomste bly geldig en bindend, ongeag die uiteindelike waarde van die eiendom. Banke het reeds R1,6 biljoen aan kliënte uitgeleen in die vorm van residensiële, kommersiële en landbouverbande. Die markwaarde van grondgebaseerde eiendom word op R7 biljoen geraam, wat die huise en spaargeld van gewone mense verteenwoordig. Banke…

1 min.
het jy gehoor?

‘Daar sal ook sterker met die polisie geskakel word om te verseker die regulasies aangaande vee-identifikasie word toegepas.’ MNR. GERHARD SCHUTTE, besturende direkteur van die Rooivleisprodusentevereniging, oor maatreëls wat met die opheffing van die veilingsverbod gepaardgaan. Bl. 14 ‘Daar is ’n sterk moontlikheid dat reënval weswaarts kan uitbrei oor die droë Noord-Kaap en aangrensende dele van ander provinsies.’ MNR. JOHAN VAN DEN BERG, klimatoloog by Santam Landbou, oor Maart se weervooruitsigte. Bl. 16 ‘Sommige besproeiingsboere sal tien of meer meters moet aanbring.’ MNR. STEVEN VERMAAK, voorsitter van die TLU SA se waterkomitee, oor die gevolge van die staat se aandrang op watermeters. Bl. 19 ‘Dit is ’n maklike ding om te plant en dit verhandel maklik op die informele mark.’ MNR. NAUDÉ PIENAAR, adjunkhoofbestuurder van Agri Noordwes, oor moontlike redes vir die toename in sonneblomsaaddiefstal. Bl. 18 ‘Bedrywe…