ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Februarie 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy van ver af...

ELKEEN HET SOMS ’n bietjie ruimte nodig. As jou dae daaruit bestaan om ten nouste met mense saam te werk, het jy soms die behoefte aan ’n bietjie privaatheid. Natuurlik verskil mense, maar ek dink ons het almal soms stilte nodig. In sulke tye hou besige winkelsentrums en bedrywige kuierplekke min bekoring in. Dan droom ek van ’n plek waar die stilte oorverdowend kan suis, waar die enigste geluide veraf voëlgeroep of krieke en sonbesies se hoë sangtoon is. Of om rond te luier in ’n vreemde land waar die klanke van ’n vreemde taal onherkenbaar om jou opklink sodat jou brein weet dat daar geen sin daaruit te make is nie. As ek daarna begin smag om los te kom van besig-wees besef ek dat dit eintlik die aansprake van…

2 min.
gesels saam

DANKIE, ‘ROOI ROSE’ • In ’n jaar waarin dinge meer negatief as positief was en vele uitdagings hul koppe uitgesteek het, soos ’n gebarste geiser, gedisintegreerde toilet, drie bande wat gesneuwel het, en magies wat meer geneig was om te loop as te stop, was rooi rose altyd ’n welkome, konsekwente, helder lig aan die einde van die maandtonnel (wat nie noodwendig lank was nie, maar goed donker en vol hobbels op plekke!) Vanjaar was ek besonders gelukkig. Ek het aangesluit by jul Lesersforum (wat ek al vir drie jaar dreig om te doen) en het drie bottels La Costeparfuum gewen - hemels vir ’n “parfuumfluisteraar”. Dit was ook op ’n tyd toe ek vreeslik jammer vir myself gevoel het en geweldig ongewaardeerd. Dankie, rooi rose , nie net vir ’n allesomvattende, insiggewende…

1 min.
wenbrief

DAAR IS LIG Skei. Elke getroude vrou dink soms daaraan, ander wens hulle kon, en ander voeg die daad by die woord. Ek is nou al twee maande besig met die proses en hier is ’n paar wenke vir almal wat egskeiding oorweeg. • Skei beteken nie net dat jou man die huis verlaat nie, dit beteken ook dat die kinders 50% van die kere weg is van jou. Niks kan jou voorberei op daardie stukkie in jou hart wat soos ys voel wanneer jy uit gewoonte gaan kyk of hulle toe is en besef hulle is nie by jou nie. En al kan jy op een hand tel hoeveel kere jou man in die nag vir die kinders opgestaan het, en al het jy jou kinders leer fietsry en selfs rugby…

2 min.
ons in februarie

As jy van piekniek hou maar dit verpes om wyn uit plastiekglase te drink is Love Milo se nuwe Outdoor Glass Carrier-sak (R2 000) vir jou! Jy kan ses klein glasies in die leersak pak. Beskikbaar by lovemilo.com Die swartkat-naelversorgingsprodukte van Pylones is ’n prettige geskenk vir ’n katliefhebber met mooi naels. Die stel bevat ’n naelvyl, naelskêr, naelknipper en haartangetjie (R179,95 elk). Dié draaistoel kan jy net as ‘sjiek’ beskryf! (Bambistoel, CCXIX, (R10 500, materiaal uitgesluit). NUTRIBULLET SE NUWE BABY BULLET-VOEDSELVERWERKER (R1 599) is doelgemaak vir die voorbereiding en berging van babakos. Jy kan tot ses porsies vooraf berei en in die datum-gemerkte koppies in die vrieskas bewaar. VOEG SOMMER HEELWAT KLEUR BY JOU UITRUSTING MET DIÉ STYLVOLLE HANDSAK VAN PIERRE CARDIN (R646,95). Vier die liefde Le Creuset vier die Valentynsmaand met ’n nuwe, vurige…

2 min.
lesersforum sluit aan en wen!

Rinie Flaum (50), administratiewe assistent, Pretoria Ek dink alle vroue is soms te krities maar as ons net vir ’n slag met ander oë na onsself kyk en dankbaar kan wees dat ons wel kan sien en leef, maak ’n paar foute of rolle nie saak nie. Ek dink om jou eie vriendin te wees en mooi na jouself om te sien sal ’n vrou help om meer van haarself te hou. Maak tyd vir ’n alleentydjie - dit doen jou goed. Green Krynauw (40), administratiewe assistent, Malanshof Ek kan baie krities raak. Ek dink die meeste vroue is so. Ek dink ons moet onself daagliks komplimenteer en klein veranderinge maak waar ons dink nodig is. Ek glo ook jy moet wegbly van dinge of mense wat ’n negatiewe invloed op…

1 min.
rooirose.co.za hierdie maand op ons webwerf

WEN Die mooiste jy Gee jou vel ’n blaaskans met Beaucience se reeks natuurlike velsorgprodukte. Ons gee vandeesmaand tien lekker Beauciencegeskenkpakke ter waarde van R10 000 weg. Grimering Het jy ’n afspraak vir Valentynsdag? Dit is die ideale geleentheid om ekstra moeite met jou grimering te doen! Tien lesers kan ’n wonderlike grimeergeskenkpak van L.O.V. wen Valentynsdag Bederf jou Valentyn met ’n geskenk wat sy hart opnuut sal wen. Ons het ’n geskenkgids propvol idees vir jou saamgestel. Nuusbriewe Het jy al op ons nuusbriewe ingeteken? Jy kan kies tussen ’n algemene nuusbrief, die KOOKnuusbrief, of by ons Lesersforum aansluit. Liefdeskos Dis die maand van liefde en dit beteken jy kan eksperimenteer met soetgoed wat jou geliefde se hart sal vermurwe. Ons deel die heerlikste idees met sjokolade, room, bessies, roomys en baie meer. Agter die SKERMS Dis weer tyd vir ons…