ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose April 2017

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy ’n viering van vrouwees

OM BY ’N VROUETYDSKRIF te werk is seker een van die heerlikste voorregte wat daar is. Elke maand die geskarrel om alles op die regte tyd bymekaar te kry, die verrassings en teleurstellings, die genot daarvan om soveel mense se bydraes oor jare te ontvang en na waarde te skat. Om die proses maand vir maand in aksie te sien bly verstommend. Daar is ’n sekere misterie daaraan dat die verwagting so gereeld oorskry word, dat die som van die finale produk telkens groter en heerliker is as die dele wat dit uitmaak. Wel so is dit vir my nou al byna 17 jaar. Om deur die ou uitgawes te blaai is soos om deur jou eie lewe te kuierstap en hier en daar ’n bietjie stil te staan en jou…

3 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n Celltone-geskenkpak van R6 000. Die vel se stelselmatige verlies aan elastisiteit lei mettertyd tot plooie en selfs vlekke. Navorsing dui nou daarop dat Celltone Gel ná slegs 14 dae se gebruik die voorkoms van donker vlekke en ná 28 dae selfs jou plooie kan verminder, danksy ’n ekstrak van slakjel, ’n belangrike bestanddeel van Celltone-produkte. Die merkwaardige bevogtigingseienskappe van Celltone verseker dat die tekens van veroudering nie ’n vatkans op jou vel het nie.celltone.co.za AL 70 JAAR LANK Jaloers, ja jaloers, dit was hoe ek gevoel het toe my kleindogter die rooi rose met die pragtige Zetske op die voorblad vir my bring. Tot ek besef het dis nie jaloesie nie, maar ’n innige heimwee na sowat sewentig jaar gelede toe ek daardie dun, vaal…

1 min.
wenbrief

JUWEELWOORDE My ore is altyd in paraatheid gespits vir woorde waarop ek wag: Afrikaanse woorde wat my lekker aan die lyf vat en my oopmond en verstar laat. “Lotsgebonde”. “Asemrowend”. “Smeulend”. Wat van “kleef” of “pittig”? Splinternuwe juwele word soms heel onverwags aan my opgedis, soos die keer toe ’n pragtige jong vrou ’n cappuccino voor my neersit en ’n gesprek begin. “Mevrou weet, ek is nie lus om na ’n papnekkie te kyk nie!” Die skuim in die koppie wiggel-waggel ritmies toe sy die tafel begin skoonvee. (Pap-nek-kie?) Ek proe skaars die koffie so opgewonde is ek. “My meisiekind is nou net van my hande af ... ” mor sy. “Nee, ek sien regtig nie kans om na vars kinders te kyk nie.” Ek lek sommer my lippe af … so…

2 min.
lesersforum sluit aan by ons lesersforum en wen!

Wat is jou verjaarsdagboodskap vir rooi rose? Liezel Louw (39), onderwyseres, Welgelegen Liewe rooi rose, 75 jaar van skoonheid, idees, resepte en soveel meer! Dankie vir jou vriendskap, enige plek, enige tyd. Charlotte Pretorius (52), tuisteskepper, Klerksdorp Baie geluk, rooi rose. Vyf en sewentig jaar lank al vermaak, ondersteun, bemoedig en inspireer julle die vroue van Suid-Afrika. Terwyl ander publikasies hul deure moet sluit, gaan julle van krag tot krag. Gaan so voort, want julle het duidelik ’n wenresep beet. Elke maand kan ek nie wag vir die jongste uitgawe nie en julle stel my nooit teleur nie. Ek hoop om eendag saam met julle jul honderdste verjaarsdag te vier. Mart-Mari Rykaart (29), onderwyseres, Kempton Park Dankie, rooi rose dat my ouma al deel van jou kon hê, toe my ma, nou ek,…

1 min.
rooirose.co.za

WEN VerjaardagKOEK The Velvet Cake Co. vier ons 75ste verjaardag in volkleur saam! Hul spoggerige reeks koeke is in elke skakering van die reënboog beskikbaar en kan óf in die jongste ‘naked’-gier versier word óf met ’n meer tradisionele roomkaas-enmeringue-versiersel. Jy kan een van ses verjaardagkoeke in jou gunstelingkleur WEN! *koeke is 17 cm in deursnee en lewer 10 skywe. VelSORG Beaucience is ’n natuurlike Suid-Afrikaanse velsorgreeks. Danksy die unieke peptiede is die produkte perfek om veroudering teë te werk, maar steeds sag op die vel. Vyf ‘rooi rose’-lesers kan elk ’n Beaucience-geskenkpak van R2 000 WEN! Ons wou weet HET JOU MAN ’N SNOR OF ’N BAARD? HY HET NIE ’N SNOR OF ’N BAARD NIE 39% HY HET ALBEI 33% HY HET ’N SNOR 24% HY HET ’N BAARD 4% WAT IS JOU GUNSTELINGSJOKOLADE? DONKERSJOKOLADE 37% HOE KIES ’N MENS NET…

4 min.
die geluks dief

My gunsteling Rooseveltaanhaling: ‘Comparison is the thief of joy’ ONS GENEIGDHEID om met mekaar te wedywer bly maar ’n prominente aspek van ons naasbestaan. Daagliks sê ons mekaar die stryd aan op al wat ’n terrein is, hetsy by die werk, of sosiaal, of in die klaskamer, op die sport- of slagveld, of waar ook al. Ons kompeteer graag - daar is ’n konstante strewe daarna om die beste, mooiste, sterkste, rykste, slimste – eintlik enige “-ste” te wees, behalwe die lelikste of die domste. Op ’n suiwer vlak is mededinging glad nie ’n slegte ding nie. Dit stimuleer ons en spoor ons aan om groter hoogtes in die lewe te bereik. Dis te danke aan die mededingende aard van die uitvinders en baanbrekers deur die eeue dat ons vandag met ’n gevorderde…