ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose April 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy ja-nee!

DAAR IS MAAR NET sekere onvertaalbare woorde, uitdrukkings en gesegdes in Afrikaans, en ja-nee is beslis een daarvan. Probeer die betekenis daarvan nou in enige ander taal vir iemand verduidelik? Dis net nie moontlik nie. Toe ek klein was, het my pa werk daarvan gemaak om ons te leer “jou ja moet jou ja wees en jou nee jou nee”. Dit was van toe af een van die hoekstene van my opvoeding, met net een komplikasie: Ek was, soos baie Afrikaanse vroue, baie meer daartoe geneig om “ja” te sê as “nee” wanneer iemand ’n guns of helpende hand sou vra. Ek het later ook betroubaar verneem dat my dogter op skool maklik sou hand opsteek as gevra word vir “mammas wat sal help”, terwyl daar eintlik ander was wat nie…

2 min.
gesels saam

Skryf &WEN Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNON-geskenkpak ter waarde van R5 950. Wanneer dit by skoonheid kom, is HANNON ’n vertroude naam. Sy reeks gehalteprodukte strek van grimering en skoonheidsmiddels tot haarprodukte en vele meer. Kyk by hannon.co.za vir meer inligting. SUSTERLIKE LIEFDE Ek en my ousus is nou al heeltemal aan die verkeerde kant van sestig, maar dis so wonderlik om deesdae elke moontlike geleentheid te gebruik om saam te kuier! Snaaks hoe die lewe werk. Dink ek terug aan ons kinderjare, onthou ek alte goed hoe baie ons gestry het – veral oor wie se beurt dit is om skottelgoed te was! Daardie jare het ons nie net ’n kamer gedeel nie, maar ook ’n driekwartbed! Natuurlik moes ons kop-en-punt slaap. Vir dié wat nie weet nie – jou voete…

1 min.
wenbrief

KRAG VAN ’N KOMPLIMENT “Môre! Jy lyk goed v’more!” sê Tannie Beate vanoggend vir my toe ons mekaar koerant-ini-hand buitekant Dwarskersbos Kafee raakloop. Komplimente laat my mos vreemdongemaklik voel, maar ook dadelik jonger, lighartiger en moediger as wat ek werklik is. Dit sterk ook weer my geloof in myselwers en soms wankelende behae in my ewemens. Dit laat ook sommer die wereld helderder lyk, soos ’n skoon voorruit by Beaufort-Wes se Engen-garage ná ’n stofpad van Loxton af. So kan ’n kompliment, waar hy soos ’n jaloersbuitjie op ’n plaas effe hoër by Redelinghuys val, ’n hele oes van selfvertroue laat opkom. In my geval kon my ouma altyd deur my vleitaal lees dat ek eintlik ’n sny van haar witkoek wil hê wat onder ’n doek in die spens lê.…

1 min.
rooi rose.co.za

TYD vir VAKANSIE Reis in styl met Peppertree se unieke sakke en tasse vir oud enjonk. Ten bale gelukkige leser kan 'n reeks van die handelsnaam se mooiste sakke ter waarde van R5 515 WEN. Sien om na iou VEL Bederf jou vel met Beaucience se wonder-like velsorgprodukte. Dit is ideaal vir ’n lekker spa-dag by die huis. Jy kan een van tien luukse Beaucience-geskenkpakke ter waarde van R1 000 wen! Paasfees April is Paastyd en op Sondag 1 April vier ons Paassondag. Vanjaar gee ons ’n hele rits resepte om dié gesinstyd baie spesiaal te maak – van tradi-sionele resepte met ’n kinkel tot nuwe idees. Kyk onder KOS. #41vrae Ons sprankelende voorbladvrou, Simoné Nortmann, neem deel aan ons #41vrae-reeks waarin ons haar 41 vinnige en interessante vrae vra. Bekendes Wonder jy dikwels wat in die lewe van…

1 min.
ons life in april

Ted Baker se herfsklerereeks is geïnspireer deur die fantasieleefstyl op die planeet Sateen. Die inwoners van die planeet kan altyd deur ’n ring getrek word! Pryse op aanvraag. Ons het in 1987 al die oorspronklike Tag Heuer Linkhorlosie gesien, maar nou is ’n luukser weergawe, wat met diamante versier is, beskikbaar. Prys op aanvraag. Bulgari se nuwe handsakreeks is geïnspireer deur die glansryke lewe in die stad. Pryse op aanvraag. Dis die seisoen vir sjokolade! Bederf iemand spesiaals of jouself met ’n Lindtgoue hasie met blommotiewe (R89,95). Die kleure van die prettige nuwe grimeerreeks van Chanel, Rouge Coco, is in die kol vir die herfs (vanaf R450 – R630). CopperFox is jenewer-entonikum wat vir jou gerief reeds gemeng is. Verwag delikate geure van malva, seevye en heuningbos. (R99 vir vier, R29 vir een).…

2 min.
lesersforum sluit aan en wen!

Claudia Steyn (25), belastingrekenmeester, Risiville Ek probeer om tyd vir daardie kosbare uur te maak. Ek lees graag, kyk TV-reekse of speel “masterchef” in die kombuis. Ek hou ook baie van stap en geniet elke oomblik wat ek in die buitelug deurbring. Allison van Willing (36), apteker-assistent, Randburg My kinders is nog klein en hulle is twee regte woelwaters. As ek die dag regtig voel ek het ’n break nodig, laai ek hulle by hul ouma af en gebruik die tyd om ’n bietjie te lees en daarna lekker te slaap en goed uit te rus. Karin Behrens (52), rekenmeester, Pretoria Ja, ek probeer genoeg tyd maak. Ek hou baie van lees maar dis vir my ook belangrik om aktief te wees en daarom gaan ek graag gimnasium toe. My gunstelingoefening is…