ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Augustus 2017

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy moeilike tye

DIE WÊRELD het ’n bitter gevaarlike plek geword. Ons onthou vaagweg oorleweringe en geskiedskrywing oor twee wêreldoorloë omdat verreweg die meeste deelnemers nie meer met ons is nie. Ons weet van bitter oorloë in Viëtnam en op ons eie grens, weliswaar op kleiner skaal, tog ewe vernietigend, maar ek dink die skaal daarvan het ons laat dink ons sal nooit weer wêreldoorloë hoef mee te maak nie. Maar dis nie so eenvoudig nie. Wydverspreide kolle haat en onverdraagsaamheid wêreldwyd beteken dat niemand meer veilig is nie, nêrens is mense meer redelik seker dat onrus en geweld hulle nie sal raak nie. Die dood is op die loer en skuil oral en in alle lande. In tasse, die selfmoordhemde van godsdiensmartelaars, trokke en selfgemaakte bomme in drukkokers skuil die dood wat sonder…

4 min.
gesels saam skryf &wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNONgeskenkpak ter waarde van R5 587. Met gehalteprodukte vir jou lyf, hare en gesig sal HANNON jou van kop tot toon pamperlang. Die grimering in dié reeks is perfek vir dag of aand. Sy reeks velprodukte is geskik vir enige veltipe en die HANNON-haarprodukte sorg vir gesonde, blink hare wat jy maklik kan stileer. Meer inligting by www.hannon.co.za OP DIE TREIN NA PRETORIA Ek wil die ongelooflike storie met lesers deel in die hoop dat die persoon wat betrokke was, dit dalk sal raaklees. Vroeg in Mei was ons op pad Pretoria toe vir ’n vergadering en later ’n 40ste verjaardag by ’n jare lange vriend. Ons het op die lughawe iets geëet en is daarna op die Gautrein Pretoria toe. Die aand met my…

2 min.
lesersforum

Die drie lesers wat hul menings met ons gedeel het, wen ’n RVB Skinlab-geskenkpak ter waarde van R1 625 elk. Wat is jou beste eienskap volgens die mense wat die naaste aan jou is? Haneke Louw (44), eiendomsagent, Centurion My lojaliteit en positiwiteit. Ek sal enigiets doen vir die mense in my lewe. Ek werk hard aan oplossings vir enige probleem en situasie. Ek gee nie op nie. Annezel Meiring (31), predikant, Randfontein Optimisme. Selfs al lyk die donkerste wolke donker, wil ek graag glo dat daar altyd ’n silwer randjie kan wees. Ek het wel ook soms ’n bietjie bemoediging nodig. Elsabet Coetzee (41), tuinboukundige, Bloemfontein Diensbaarheid; om altyd ander se belange eerste te stel. Dit is vir my ook lekker om ander se lewe makliker te maak. Dis net swaar as jy…

1 min.
rooirose.co.za

Wen velsorg- PRODUKTE Beaucience is ’n trots Suid-Afrikaanse velsorgreeks wat van natuurlike bestanddele gemaak word. Vyf gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak van R2 000 wen. WEN ’N wegbreek Glip weg en geniet ’n naweek in die stad. Een gelukkige leser kan twee nagte se verblyf by die luukse Faircity Quatermain- hotel wen. Agter die SKERMS Ons voorbladvrou, Erica Wessels, was (soos altyd) elegant voor die kameras. Kyk na ons agterdie- skerms-video, asook foto’s wat nie in die tydskrif verskyn nie. Hekel en brei Maak vir jou ’n koppie warm tee, trek die naalde nader en begin brei en hekel met ons skatkis vol patrone. Daar is selfs lapwerkpatrone net vir jou. Kyk onder Leefstyl, Handwerk. Wen LINNE Hou jy van gehalte-linne? Dan is hierdie kompetisie vir jou! Een gelukkige leser kan ’n R5 000-geskenkbewys van The Linen Drawer…

4 min.
swart op wit ’n wonderlike ding

MET DIE WINTER flink op dreef, kan ’n mens maar weet dat daar landwyd vir ’n vale kaggelvure gestook word. Kniekombersies, mussies, serpe en handskoene vergesel die koue seisoen, en in menige huishouding is die skoeisel wat ná afloop van die werksdag hul pad voete toe vind, jou snoesige wolpantoffels. Selfs ons nasionale tydverdryf – braai – maak plek vir sop en bredies, binnenshuis, met ’n kaggelvuurtjie wat knetter (en ’n mens na jou braai laat verlang). Hier by my aan huis is dit geen uitsondering nie. ’n Paar bakkievragte vuurmaakhout het sover gehelp om ons woning die afgelope maand of twee warm te hou, met die einde nog nie in sig nie. Ek kla nie juis nie - ek is mal daaroor om die kaggel wat in die hoek van…

2 min.
dis nuut en nou

DIE GESKIEDENISLES Die Bayeux-tapisserie word as een van die bekendste Anglo-Saksiese kunsstukke bestempel. Dit beeld die gevegte in 1066 uit toe die Normandiërs Engeland verower het. Die tapisserie is amper 70 m lank en 50 cm breed en is met wol op linne uitgewerk. Dit word in Bayeux in Frankryk uitgestal. SKONE kuns op kussings AMANDA DU PLESSIS HET IN FEBRUARIE HAAR KUNS OP LAP GENAAMD “EVOLUTION” BY DIE CIRCA-GALERY UITGESTAL. VIR HAAR “BLOUDRUK”-WERK WORD DIE MATERIAAL MET ’N LIGSENSITIEWE CHEMIESE OPLOSSING BEHANDEL. VOORWERPE SOOS GRASSADE WORD DAN OP DIE MATERIAAL IN DIE SON GESIT SODAT DIE KUNSWERK DEUR DIE SON GESKEP WORD. VIR VAN DIE ANDER WERKE IS FOTO’S UIT DIE ARGIEWE GEBRUIK. EVOLUTIONPRODUCT.CO.ZA Van skilderdoek tot LOOPPLANK David Brits, ’n Kaapse kunstenaar, en Daniel Sher van die handelsmerk Good Good Good het hul…