ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Augustus 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy met permissie gesê

EK SUKKEL om my kop af te skakel tussen radio-, TV- en koerantberigte oor dinge wat landwyd en wêreldwyd skeefloop of kommer veroorsaak. Aanlyn sit ek deesdae skaars my tone in die water, dis behoorlik ’n maalkolk van negatiwiteit wat dreig om jou in te sluk. Die gemeenskap, die politiek, geweld en misdaad, die gesinslewe, die verkeer en paaie, die ekonomie - daar is net mooi niks sonder ’n rooi vlaggie nie. Hoe oorleef ons dan vandag? Die geheim van ’n positiewe lewe is mos dat dit nie gaan oor wat met jou gebeur nie, maar hoe jy daarop reageer. Oorweldigende tye soos hierdie moet ons laat terugdink aan tydperke in die geskiedenis toe dinge ook so buite beheer en bedreigd moes gevoel en gelyk het. Presies sewentig jaar gelede was…

2 min.
gesels saam skryf & wen

DIE BESTE! Ons gesin het pas drie weke in Suid-Afrika deurgebring en wat ’n wonderlike ervaring was dit nie! Reeds op O.R. Tambo het ek fantastiese diens by ’n bank gekry en het binne 15 minute ’n nuwe kaart gekry - met ’n groot glimlag en ’n “welkom terug”. Die diens in restaurante en koffiewinkels is goed en die kos heerlik. Winkelsentrums is skoon en vol mense wat jou met ’n glimlag groet en in soveel verskillende tale! Hier kry jou sintuie weer lewe. Die biltong is sout en geurig, jy ruik die diere en gras in die wildtuin, die winterson koester jou vel, jy sien die mooiste natuurtonele en die geluid van Afrika-tromme of die kwêvoël se skree roep herinneringe uit my kinderdae op. In Suid-Afrika bestaan jy nie net nie, jy lééf.…

1 min.
christel van den berghenzetske van pletzen

• CHRISTEL Ek het die dag terdeë geniet. Om saam met Zetske voor die kamera te kon speel was pret en baie spesiaal en almal van rooi rose was fenomenaal. Ek voel altyd ongemaklik voor ’n stilkamera, maar Leana en die res van die span het my so op my gemak laat voel. • ZETSKE Dit is altyd ’n plesier om voor Leana se lens te wees. Sy weet presies wat sy doen en dit laat my op my gemak voel. Ons het die voorblad einde Mei geskiet en dit was yskoud. Ek moes heeltyd teen die hoendervleis baklei! Dit was só lekker om saam met Christel te shoot en ons het lekker gelag!…

1 min.
wenbrief

LÉÉF Gisteraand kyk ek vir ’n rukkie na die prentjie van die twee mooiste dogtertjies in die dubbelbed. Popmooi. Stroopsoet. Vas aan die slaap. Op ’n dag het hulle nie meer krulhaartjies wat met strikke en knippies vasgemaak word nie. Hulle sit nie meer op jou skoot of slaap teen jou skouer nie. En jy word ook nie meer gevra om stories te lees of te vertel nie. Hulle wil nie meer hê jy moet skoolbroodjies inpak nie. Skopfietsie het regte fiets geword. Ek wou nog aanwysings gee en moed inpraat, maar sy het weggetrek en gery. Die wêreld plat gery. Teerstrate, grondpaaie. Oral. Toe maak ek eendag my oë oop en hulle ry motors. Met rybewyse. Soggens wanneer ek die kamer opgeruim het en ’n aanval wou kry oor die klerekas, het ek…

1 min.
rooirose.co.za   hierdie maand op ons webwerf

VROUEmaand Augustus is vrouemaand. Kyk by rooirose.co.za vir inspirasie, wenke en raad wat vrouwees vier. WEN WEN met Rialheim. Tien gelukkige lesers kan elk ’n eksklusiewe Rialheimkeramiekhart ter waarde van R550 wen. Rialheim het ekslusief vir ‘rooi rose’ ’n ontwerp gemaak met ’n illustrasie van ’n ‘rooi rose’-voorblad van 1955. Agter die SKERMS Zetske en Christel het ons harte gesteel tydens hul voorbladfotosessie in Johannesburg. Besoek ons webblad om foto’s en video’s van die pret agter die skerms te sien. ‘rooi rose’- WINKEL Is jy op soek na ’n unieke geskenk vir jouself of iemand spesiaals? Gaan maak ’n draai by ‘rooi rose’ se aanlynwinkel: rooirosewinkel.co.za…

1 min.
ons ♥ n augustus

SAAMGESTEL DEUR HANNELIE DIEDERICKS EN JUSTINEKROES. JIMMY CHOO-FOTO: CRAIG MCDEAN…