ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Augustus 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Back issues only
EDITIE KOPEN
€ 1,78(Incl. btw)

in deze editie

2 min.
vrouekrag

AS DIT NIE vir vroue was nie, was ons wêreld sekerlik in nog groter moeilikheid as wat dit reeds is. Die tydsgees is toenemend negatief en aggressief. Wêreldleiers kan ’n bepalende rol speel in hierdie verband, en vroue soos Jacinda Ardern van Nieu-Seeland en die alombekende Angela Merkel is al uitgesonder vir die rol wat hulle speel om wêreldwyd ’n positiewe invloed uit te oefen. Sulke vroueleiers word juis gekenmerk deur warmte teenoor ander en goeie verhoudings. ’n Ma is mos ideaal gesproke die een by wie jy daardie belangrike lewenslesse leer – die een mens wat altyd aan jou kant is, waar jy altyd ’n toevlug het. Daar word soms verskonend van selfs die wreedste moordenaars en skelms gesê dat elkeen mos ’n ma het, daarom is daar steeds vir…

2 min.
skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNON-geskenkpak van R6 258. Wanneer dit by skoonheid kom, is HANNON ’n vertroude naam. Sy reeks gehalteprodukte strek van grimering soos Colour Blend-lipstiffies, Candy Sugar-lipglanse, oogskadu, oogomlyners en meer. Dan is daar ook velsorgprodukte, soos die Gentle Facial Wash, asook uitstekende haarprodukte. Besoek hannon.co.za vir meer inligting. DIE VREUGDE VAN GEE Die vars sjokoladekoek staan uitlokkend op die kombuistoonbank. Dit is die mooiste geskenk, en een wat die vrou ’n paar rand in die sak kon bring. Sy het op ’n WhatsApp-groepie gevra vir ou kussings sodat sy haar sitkamerbanke kon stop. Later vertel sy verleë dat sy ’n staatspensioen kry, en met haar tuisgebak probeer sy ook die wolf van die deur weghou. My kussings was lankal verby hul leeftyd en ek was eintlik…

1 min.
wenbrief

PROBLEEM! Ek bly op ’n plaas so tien kilometer van die dorp af. Elke Vrydag ry ek dorp toe om die naweek se proviand te gaan koop. Op pad is daar ook Vrydae ’n vendusie, en die meeste diere en pluimvee word boonop op my pad vervoer. Nou moet ek byvoeg dat ek ontsettend lief is vir diere en my altyd in hul “skoene” plaas. Ek was nog altyd ’n diereliefhebber, maar noudat ek ouer word, word dit ekstreem. As daar kalfies in die kampe langs die pad is, en hulle bokspring van uitgelatenheid, moet ek my oë knip sodat ek nie tjank nie, want waarvoor is hulle eintlik bestem? En soos die duiwel dit wil hê, is daar altyd ’n sleepwaentjie met beeste en skape voor my wat ek nie…

2 min.
sluit aan enwen!

Deoné Meyer (19), rekenmeestersklerk, Vrystaat My ma is my rolmodel. Ek bewonder haar opregtheid en lojaliteit. Haar deur staan oop vir almal en sy sal eerder ander mense help as wat sy iets vir haarself sal doen. Sy sien nie neer op ander nie, en sien net die mooiste in almal raak. Sy is ’n vrou van God, ’n aardse engel. Ek probeer dit in my eie lewe toepas deur soos sy te wees: nederig. Dorette Jonker (36), regsadviseur, Kaapstad My baas is my rolmodel. Sy het in die apartheidsjare as ’n bruin vrou in ’n arm gebied grootgeword maar bo haar omstandighede uitgestyg. Sy doen altyd die regte ding, wat ’n uitdaging is in die korporatiewe wêreld. Sy weier om in kantoorpolitiek betrokke te raak of dat ander haar intimideer…

4 min.
sonderpouse

’n Mens is rondte vir rondte herinner aan hoe snel en vlietend die lewe eintlik maar is TEEN ONS kombuismuur hang ’n horlosie wat reeds sedert ons vroegste gesinsjare deel van die huishouding is. Dis ’n eenvoudige, ronde plastiekmodel met ’n helder rooi raam wat met klein flitsbatterye werk. Ons het hom sowat vyf-en-twintig jaar gelede aangeskaf. Rooi, om te pas by die rooi-en-wit geruite gordyntjies in ons kothuiskombuis van destyds. Die getroue rooi horlosie het nog nooit tyd verloor of gewen nie, en die battery word hoogstens een maal per jaar vervang. As ek snags ná ’n optrede saggies by die tjoepstil huis inloop, het die gerusstellende, gedempte tik…tik…tik vanuit die kombuis my altyd verwelkom. Tot 1 Januarie vanjaar. My tienerdogter het my na die plaaslike mall gesleep om iets met haar…

1 min.
ons love in augustus

Paco Rabanne se jongste weergawe van Olympea “Legend” EDP is hier. Die blommerige Oosterse geur het seesout, pruime en appelkoos op die boonste note, gemmerbloeisel in die middel en die geur eindig met vanielje, amber, sand en tonkabone. (Olympea Legend EDP 30 ml R940; Olympea Legend EDP 50 ml R1 350; Olympea Legend EDP 80 ml R1 720.) Uit Barcelona kom die 365 Skin Workout-reeks van Sorbet wat beloof om jou vel binne agt weke te herstel. Die reeks word in vier stadiums verdeel en stem met ’n goeie oefensessie ooreen: opwarming, kardio, kragoefening en afkoeling. ’n Sorbetterapeut sal jou vel skandeer en ’n 365 Skin- behandeling saamstel wat aan jou spesifieke velbehoeftes voldoen. Beskikbaar by Sorbet-salonne. MEER AS NET SPRINGMIELIES! Met geure soos Coconut & Chia Seeds, Feta & Black Pepper, Marmite…