ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose April 2020

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Back issues only
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,61(Incl. btw)

in deze editie

2 min.
mooi is die lewe

SODRA JY iets ’n naam gee, kan jy daaroor heers. So leer die Bybelse Skeppingsverhaal. En ek vermoed dit geld op vele lewensterreine. Ongenoemde vrese en pyn word net groter as jy hulle nie erken nie. Gee daardie ding wat jy vrees ’n naam, en dit word dadelik meer meetbaar, hanteerbaar. En sodra jy begin praat oor iets wat jou kwel, kry jy selfs nog meer insigte daaroor. Die probleem word omskryf en kry ’n buitelyn. Jy sien dit skielik in vergelyking met die res van die werklikheid, en dit word dadelik minder bedreigend. Jy kry perspektief. Ons ken almal die pyn daarvan om iemand skielik aan die dood af te staan ... priemende pyn wat jou hart keer op keer deurboor. Selfs as jy iemand se dood te wagte is,…

1 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n JSMgeskenkpak ter waarde van R2 000. Die aanlyn-onderklerehandelsmerk, Just Say Maybe (JSM), is deur ’n Suid-Afrikaanse entrepreneur ontwerp en word met die hand gemaak. Elke item in die gesofistikeerde en sensuele onderklerereeks word met kant afgerond om die elegansie van die draer te beklemtoon. JSM-onderklere in neutrale kleure verseker styl, gemak en sensualiteit. JSM streef daarna om vroue te bemagtig deur hulle mooi te laat voel in gemaklike en lieflike onderklere. Vir meer inligting besoek www.justsaymaybe.co.za of stuur ’n e-pos na jsmlingerie@gmail.com ONS EN DIE BERGE In die Januarie-uitgawe van rooi rose is daar ’n artikel met die titel “Die ABC van groen skoonheid”, ’n belangrike en tydige artikel oor die skade van afvalprodukte uit die skoonheidsbedryf. By die artikel is ’n pragtige foto van…

1 min.
wenbrief

RANDEIER Ons het elke Dinsdagoggend ’n personeelvergadering by die instansie waar ek werk. As die teenwoordiges so voel, word daar met ’n kort dankseggingsgebed in enige taal geopen - wie ook al geroepe daartoe sou voel. Die stoele word redelik ver vorentoe in die saal reggesit, wat ’n stappie oor die houtvloer behels. Geen sagte voetval of ongemerkte aansluiting by die reeds sittendes hier nie! Nou onlangs is ek ’n minuut of drie laat vir die vergadering en haas my saal toe net om by die glasdeur vas te steek. My kollegas sit almal met gebuigde hoofde en in stilte, wat my met gewyde respek net buite sig agter die deur laat wag. ’n Ander kollega sluit by my aan en wil weet waarom ek nie ingaan nie. “Hulle bid net gou,” sê ek, waarop…

1 min.
lea vivier

rooi rose se voorbladfotosessies is altyd vir my ongelooflik lekker danksy die span wat die dag maak. Ek het nog nie voorheen saam met Kristina, die fotograaf, en die Kaapstad-span gewerk nie. Dit was ongelooflik om te sien hoeveel tyd en moeite in die beplanning van ’n voorblad ingaan. As voorbladvrou is ek maar net een aspek van die hele spanpoging om van die dag ’n sukses te maak. Dit was vir my interessant om te sien hoe alles werk, en wie verantwoordelik is vir alles wat agter die skerms by ’n voorbladfotosessie gebeur.…

1 min.
rrradio

Botox, Barbies en Bietse • Baie dankie vir die verhaal. Ek geniet dit vreeslik! Ek lag uit my maag en pink soms ’n traan ook weg. Ek het die verhaal eers onlangs ontdek en gun my net een episode per aand. Op die manier hou die lekker langer. Ek hoop daar kom nog vele verhale uit jou pen, Martie Swanepoel. Ek doen skaamteloos bemarking onder my vriendinne - Imp_i. • Dit was ’n heerlike verhaal. Ek het hardop geskaterlag en ook saamgehuil. Welgedaan, Elize Cawood, dit was ’n puik voorlesing – Tamtieque. • Ek en my ma mis nie ’n episode nie, en op Vrydae luister ek drie keer na elke episode, want ek speel dit vir my graad 11 EAT-klasse. Uiteindelik kan ek iets anders 7de Laan voorskryf om hul…

2 min.
sluit aan en wen!

Laetitia Keogh, (47), administratiewe beampte. Ja beslis! Ek behoort aan ’n Country & Western-dansklub en dans vier keer per week ’n uur lank. Ek moet sê dit is makliker noudat my oudste klaar is met skool en my jongste vanjaar in graad 11 is. Met deeglike beplanning kan ’n mens dit wel ook met kleiner kinders doen. Erika Agenbag, (28), administratiewe klerk. Ja, want dis net ek en my man (ek is tans swanger). Ek dink ek sal daardie ekstra uur gebruik om te slaap, of as ek dit kan bekostig beslis vir ’n rugmassering te gaan. Retha Harmse (27), dieetkundige Ek probeer so ver moontlik om vir my tyd opsy te skuif - net vir my eie gemoed en om myself “vol” te maak (jy kan mos nie uit ’n leë glas…