ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose May - June 2020

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Back issues only
EDITIE KOPEN
€ 1,78(Incl. btw)

in deze editie

2 min.
ek & jy wie sou kon dink?

DAAR IS TYE waarvan ons almal onthou “ek was presies daar, besig om dit of dat te doen, toe ... ” Nou is sekerlik so ’n tyd. As die nuus van die dag die eerste ruwe weergawe van die geskiedenis is, leef ons nou in ’n tyd waarvan ons nageslagte in die geskiedenisboeke gaan leer, ’n tyd wat ’n groot ommekeer in die ganse wêreld teweeg gebring het. Ek onthou nog as kind hoedat die ouer mense vertel het van die “Groot Oorlog” die “Groot Griep”, die “Depressie” ... Dit was seminale tye, tye wat ’n groot uitwerking op hul lewe gehad het en wat dinge vir ewig verander het. Ek het ook al die Chinese verwensing gehoor van “Mag jy in interessante tye leef”. As dít so is, het…

3 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wen-brief ontvang ’n Berdoues-geskenkpak ter waarde van R5 040. Maison Berdoues ontwikkel reeds meer as honderd jaar unieke parfuums. Die lang tradisie word gerugsteun deur ’n moderne aanslag en nuwe tegnologie, en slegs die beste mineraalryke materiaal word gebruik om die hoogste gehalte suiwer geure te lewer. Elke Grand Cru-geur gee uitdrukking aan ’n wêreld van aromas. KYK MET NUWE OË Dankie vir die notatjies wat steeds gereeld op ons rekenaarskerms verskyn. In die tyd van inperking begin ’n mens besef dat jy jou altyd as ’n dankbare mens gereken het, en ook jou kinders en kollegas altyd die waarde van dankbaarheid geleer het. Maar dankbaar vir alles? Nee wat, te veel dinge is as vanselfsprekend aanvaar. Soos die rustige sit op die stoep ná ’n dag…

1 min.
wenbrief

WORD STIL! Ons staan vroeg op, sluk koffie af, eet roosterbrood, pak kosblikke en skarrel by die deur uit. Kinders word by die skool afgelaai en ons sit in die verkeer met ’n kol op die maag. Die lewe roep: “Kom skool toe, kom werk, kom bring ure op die pad deur! Julle verdien alles! Werk hard, speel hard! Doen inkopies, maak skuld, reis na ver lande, spaar en dan kan jy eendag rus.” Ons stres, ons ooreet, ons word siek en ons ly. En skielik op ’n dag roep sy: “Word stil.” Ons bly by die huis en word saam met die voëls wakker en luister met waardering na die vrolikheid. Ons drink koffie in die bed, knuffel ’n geliefde, gesels oor die lewe, die liefde, ons toekomsdrome en die onsekerheid.…

1 min.
erica wessels

Dit was ’n heerlike dag om die rooi rose-span in ons huis te hê. Dié span kreatiewe, fabulous vroue begin soos familie voel omdat ons al ’n paar keer saamgewerk het. Boonop was dit ’n fantastiese afleiding van my ma-wees-roetine. Baie dae word (minstens halfpad) in my kamerjas deurgebring, en om bederf te word met pragtige klere, ’n mooimaaksessie en saamspeel vir die kamera het my sommer nuwe energie en lus vir die week gegee. Dis altyd vir my ongelooflik hoe kreatiwiteit kreatiwiteit aanspoor.…

1 min.
ons lief in junie

GLANSRYK H&M se Conscious Exclusive Collection 2020 is eksklusief by H&M in Sandton City beskikbaar. Die glansryke items word uit herwinbare materiale in pragtige mode-items omskep. Armband van herwonne glas en geelkoper (R529). HOERA vir Checkers se nuwe, bekostigbare William Dabs Spa-lyfsorgreeks. Die reeks bevat ses lieflike bederfprodukte: Exfoliating Body Scrub (R49,99), Dry Oil Spray (R59,99), Body Butter Melt (R59,99), Foaming Hand Wash (R44,99) Creme Foam Bath Oil (R59,99) en Bath Salt Soak (R69,99). Eksklusief beskikbaar by Checkers en Checkers Hyper-winkels. LIG & WARM ’N POFBAADJIE SOOS DIÉ NEVAPOFBAADJIE VAN HI-TEC (R999) SAL DIE WINTERKOUE AFWEER. BESKIKBAAR BY OUTDOOR WAREHOUSE. Vyfster-plesier GLENELLY SE LADY MAY 2014, ’N BORDEAUX-STYL ROOIWYN (R520), IS IN DIE 2020 PLATTER-WYNGIDS MET VYF STERRE BEKROON. BESKIKBAAR BY UITGESOEKTE WYNHANDELAARS OF AANLYN. PURE 90’S NOSTALGIE VANS EN DIE BEKENDE NEW YORKSE ONTWERPER SANDY LIANG HET SAAMGESPAN…

4 min.
pluimbal en plantmateriaal

OP ’N SONNIGE Vrydagoggend in die middel van die herfs sit ek en Lanelle op ons voorstoep en betrag die wêreld voor ons: die liggroen grasperk met die twee bloekombome links en regs, soos ’n raam, en die straat daaragter, en die huise oorkant, soos elke liewe dag gedurende die voorafgaande drie weke. Ons drink koffie ná ’n sessie pluimbal onder die bome – baie laissez-faire pluimbal, sonder reëls of punte. Dis die eerste dag ná die einde van die aanvanklike korona-kluistering, en terselfdertyd die aanvangsdag van die tweede tydperk agter die wiel van Jan Tuisbly se nuttelose karretjie. Daar het by ons reeds ’n losse daaglikse roetine begin; die pluimbal-en-stoep-koffie was spoedig ’n merker vir soggens, waarna ’n gevarieerde – en verbasend besige – res-van-die-dag hom begin uitspeel het. Normaalweg sou ons…