ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Desember 2017

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
reg is reg

MY MAN WEET meestal dat hy weet wat reg is, nie omdat hy regte studeer het nie, maar bloot omdat hy weet! Hy twyfel eenvoudig nie daaroor nie. Hy weet hoe smaak ’n regte melktert, en alle ander is natuurlik verkeerd, ditto sjiffonkoek, en wee jou as jy “nie van beter weet nie”! Daar is net een soort pannekoek, die regte soort, en so ook Springbokrugbyspanne en Cheetah-spelers. Musiek val ook in daardie kategorie, en sodra dit te “deurmekaar” raak (veelstemmig), raak dit vir hom ook “verkeerd”. Daar is benewens daardie klein probleempie van hom ook nog ’n effense irritasie: Hy is rooi/groen kleurblind. Gelukkig is dit nie vir hom ’n probleem nie, behalwe vir motorbestuur saans, wat hy graag aan my oorlaat. Maar vir my is dit ’n haakplek, want…

2 min.
skryf &wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNONgeskenkpak ter waarde van R5 587. Met gehalteprodukte vir jou lyf, hare en gesig sal HANNON jou van kop tot toon pamperlang. Die grimering in dié reeks is perfek vir dag of aand. Sy reeks velprodukte is geskik vir enige veltipe en die HANNON-haarprodukte sorg vir gesonde, blink hare wat jy maklik kan stileer. Meer inligting by www.hannon.co.za EENVOUD Dankie, Christine Barkhuizenle Roux, dat jy die kolwyntjie van ouds weer onder ons rooi rose-lesers se aandag gebring het in jou rubriek, “Kolwyntjies vir André P.” Op feitlik elke verjaardag, troue, kombuistee en elke ander denkbare geleentheid is daar cup cakes waaroor almal liries raak, maar waarvan niemand die versierings eet nie. Dit sê mos iets, of hoe? Deesdae se muffingrootte cup cakes is beslis…

1 min.
wenbrief

DIE SILWER DAGBOEKIE Ek gun my nie altyd die luuksheid van ’n tydskrif nie. Met ’n herhaaldelike “Lees ’n artikel, of loer deur bekende blogs,” probeer ek myself oortuig. En, voeg ek by, “Stil jy hart! Hou op met kerm, boekwurm. Vergeet daarvan, kunstenares. It is not going to happen, chef.” Vandag sit ek weer in die hospitaal langs die bed van ’n geliefde. Iemand baie na aan my hart. Dit is die derde mens langs wie se bed ek vanjaar al waak. My moed sit in my skoene, 2017 het my wraggies ore aangesit. My werk is so ver agter dat ek gereeld ligte angsaanvalle kry en my huishouding word deur WhatsApp aan die gang gehou. Tussen bemoedigende woorde vir die pasiënt en geselsies met die verpleegpersoneel deur sleep ek my moeë…

2 min.
sluit aan by ons lesersforum en wen!

Hoe gaan jy en jou gesin vanjaar Kersfees vier ? Wat is vir jou die hoogtepunt van die dag ? Sluit aan by ons Lesersforum en wen! Ons stuur elke maand sowat vyf vrae uit waarop ons terugvoer van ons Lesersforum vra. Uit die antwoorde wat ons kry, kies ons drie lesers wat vir die betrokke maand saamwerk. Gaan na rooirose.co.za en klik op die “Lesersforum”- blokkie om aan te sluit. Of e-pos jou besonderhede - naam, adres, dagtelefoonnommer, e-posadres, ouderdom, beroep, jou ID-nommer, asook ’n kop-en-skouersfoto na nicolek@caxton.co.za Vandeesmaand wen Diana von Kleist ’n STELLA-fyngeur van Stella McCartney (R745 vir 30 ml en R1 375 vir 100 ml). STELLA Eau de Toilette is ’n ligte fyngeur wat natuurlike selfvertroue en vroulikheid met elke ondertoon vier. Die sentrale geur is dié…

1 min.
hierdie maand op onswebwerf

VIER #fees Wat is Kersfees sonder daardie spesiale Kersete? Hier is ’n paar Kersspyskaarte met iets vir almal, ook vir vegetariërs en fynproewers. WEN SomerMODE Maak enige uitrusting ekstra spesiaal met dié Jeep® LAVENDERsandale. Dit is gemaklik en stylvol en ons gee 14 pare weg! Mooi HARE Kies ’n nuwe styl, bemeester die vlegsel of dink nuut oor kleur. Ons skoonheidspan deel idees, wenke en gee belangrike raad vir jou kapsel. @FOUR Cousins Bederf jou en jou metgesel met ’n onvergeetlike besoek aan die Robertson-vallei. Een gelukkige leser kan twee aande se verblyf, met allerlei verrassings, op die koop toe WEN! Agter die SKERMS Ons voorbladfotosessie met die lieflike Elma Postma was ’n ware #fees. Kyk na die agter-die-skermsvideo plus foto’s. KERSFEESgeskenkgids Kry nog idees en inspirasie vir geskenke vir spesiale mense in jou lewe op ons webblad. FACEBOOK • TWITTER • PINTEREST • NUUSBRIEF •…

4 min.
jou dertiende tjek

AS JY GELUKKIG IS, is jou vakansieplanne vir Desember lankal agtermekaar. Jy ly moontlik al erg aan wegbreekkoors, te midde van skooleksamens en verhoogde irritasievlakke met kollegas en kliënte. En die vooruitsig aan daardie dertiende tjek wat eersdaags aan flarde geruk gaan word in oorvol inkopiesentrums. Tensy jy die eienaar van ’n vakansiehuis is, is ’n noemenswaardige deel van jou bonus tien teen een reeds toegedeel aan die akkommodasie wat jy vir die Kerstyd bespreek het. Die ideale uitspanplek vir jou en jou geliefdes – skoon, veilig, ingerig met al die nodige toestelle, stapafstand na die strand, met ’n mooi uitsig en beskaafde bure, en ’n paar ekstra beddens vir die onverwagse gaste wat hulself “net vir ’n aandjie of twee” gaan nooi – kom nie noodwendig goedkoop nie. As jy…